Boere mag nie inspeksies op plase weier nie

Die departement van arbeid sê bewerings dat inspeksies op plase vooraf met boere gereël moet word, is onwaar.

Die direkteur-generaal van inspeksie en die toepassing hiervan, Siyanda Nxawe, sê die berigte is misleidend vir boere wat saam met die departement wil werk en aan wetgewing wil voldoen. Dit kom na berigte waar ʼn landbou konsultant aangehaal is waar hy gesê het volgens die Basiese Voorwaardes van die Indiensnemingswet moet beamptes van die departement skriftelik ʼn afspraak met boere maak voor ʼn inspeksie gedoen kan word. Nxawe het dit as onsin afgemaak. Hy sê volgens die wet kan beamptes enige werksplek besoek sonder kennisgewing. Nxawe sê die enigste plek waar ʼn beampte nie kan binnegaan sonder toestemming nie is iemand se blyplek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.