Boere vas ná hulle “renosterstroper” aankeer

Drie boere van Limpopo is vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hulle ʼn vermeende renosterstroper aangekeer het.

Die drie boere, PP Mare, Chris Naude en Johannes van Zyl, word by die Gravelotte-poliestasie aangehou, het Beeld Donderdag berig.

Aldo Rech, die mans se prokureur, het aan die koerant gesê die boere het vroeër die week ʼn wenk ontvang dat stropers die gebied gaan teiken.

Die boere beweer hulle het Woensdagaand op twee vermeende stropers afgekom en hulle agternagesit. Een van die verdagtes het ontsnap, maar die boere het daarin geslaag om die ander verdagte aan te keer. Dié verdagte is na bewering beseer nadat hy deur digte doringbosse gehardloop het. Die boere het hom vasgebind en die polisie ontbied om hom in hegtenis te neem. Gereedskap om renosters te onthoring is in sy besit gevind.

Kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die koerant gesê die verdagte is met ʼn kopwond gevind. Die man het besluit om ʼn klag van poging tot moord teen die boere aanhangig te maak, en is intussen in die hospitaal opgeneem.

Rech ontken dat die boere die verdagte aangerand het.

Die boere gaan na verwagting Donderdag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.

Lees die opvolgberig hier.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Carin ·

Dit is flippen belaglik… Die owerhede maak nie hond haaraf om die renosterstropers aan te keer nie en as die publiek dit doen skreeu die owerhede “poging tot moord”… A S S E B L I E F!!!
Daai ou kan bly wees ek het hom nie aan die hande gekry nie – ek sal hom en enige ander renosterrower met ‘n glimlag “onthoring”…
Meneer renoster steler – trek jou groot dogtertjie broekie aan en deel met die gevolge van jou dade… Jou vark!
Aan die drie boere – knap gedaan! Al het julle slegs EEN renoster se lewe gespaar, haal ek my hoed vir julle af.

Annie ·

Absoluut belaglik….!
Ons met ‘n ligter skakering vel sal moet lig loop. Die Polisie plus het hulle messe uit vir ons…
Glo my hierdie stroper was aanvanklik “bang” maar met goeie raad is hy geswaai.

annetjie fourie ·

oe nou is dit BAIE maklik om renosters af te maai. hul moes die dief afgemaai het!!

karen vosloo ·

Liewe hemel ! Hoe moet mens jou eiendom beskerm, sonder om vir poging tot moord aangeklae te word ? Wat se boodskap stuur dit vir die stropers uit ? Dat hulle meer beskerming geniet as die onskuldige renoster ?

Erika ·

WAT??????????????? Die boere is toegesluit, poging tot moord????????????? Nee regtig, hoe belaglik is ons sogenaamde regstelsel. Hulle moes die ding onthoring het. Stukkie vir stukkie, dat die donder kan voel hoe dit voel!! Hoop die boere word vrygespreek omdat hulle ‘n RENOSTER gered het.

Gawie Botha ·

Nou wanneer gaan die polisie die Kruger Wildtuin se personeel aankla,oor die renoster stropers wat hulle doodgeskiet het!!!!!!!

SANETTE HENNING ·

BELAGLIK of werk polisie saam Wonder maar net Hoop stroper is ook in hegtenis geneem of is hy weer op borg uit. Le klag teen Poliese boere hul wil jul mos onregmatig .arresteer

SANETTE HENNING ·

Kap renosterstropers se hande af so kan hul nee meer stroop toerusting of gewere vashou Knap boere en dankie want as jul dalk vir polisie gewag het het stroper weggekom!

Bettie Slabbert ·

Ek hoop die mense van die omgewing gaan hulle steun vir hierdie boere wys, of het ons almal maar net altyd n eiertjie te le, staan op vir ons mense!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.