Boere vies oor Eskom-advertensie

ʼn Nuwe advertensieveldtog van Eskom wat ʼn wit boer en ʼn sakeman as kragdiewe uitbeeld, laat die landbougemeenskap rooi sien.

In die radio-advertensie hoor ʼn mens hoe ʼn joernalis die oortreder, ʼn ene mnr. Botha, konfronteer omdat hy elektrisiteit steel. Die boer vloek en skel dan die joernalis voordat hy wegjaag. ʼn Klankgreep van die advertensie volg onderaan die berig.

Dawie Maree, senior ekonoom by Agri SA, het aan Landbou.com gesê hulle was baie verbaas toe hulle die advertensie vandeesweek vir die eerste keer gehoor het. “Die boer word uitgebeeld as ’n gewelddadige en vyandige individu, en dit is vir ons ’n groot probleem,” het Maree gesê. Die organisasie oorweeg om ’n klag teen Eskom by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika te lê.

Maroela Media het ʼn navraag aan Eskom gerig. Hulle het gesê hulle is besig om ʼn verklaring oor die aangeleentheid op te stel.

Die klankgreep van die advertensie is deur Landbou.com op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maryke ·

Swak – en wat nog swakker is – is die mense wat ‘optree’ in die advertensie. Ry hulle tot in Oom Daantjie se Kallerhok!

Kalie ·

Absoluut belaglik!!! Hoekom nie die advertensie in Xhosa of Zoeloe met townshippers wat krag steel nie?

Glen ·

Once again demoising the white man. These advertisers/eskom/ANC all know full well that all the theft is from BLACKS not whites.

Christo van der Merwe ·

Hulle kon by die naaste plakkerskamp soveel kragsteel-tonele as wat hulle wou opgeneem het, gratis! Maar hulle sal nie ware kragstelers ontmasker nie want dan word daar weer ESKOM-geboue en substasies afgebrand! En die ANC het daardie mense se stemme nodig!

Miss Knysna ·

This is a tasteless advert. Go into the townships Eskom and you will see who is stealing electricity.

Chris ·

Eskom is net besig om die aandag af te lei van hulle swak korporatiewe bestuur en vermorsing van belastingbetalers se geld.Hul bestuur en amptenare verdien buitengewone hoe salrisse ,maar faal liederlik in hul dienslewering en uitvoering van hulle pligte.

Stephan ·

Dit getuig van uiterste swak smaak en is uiters onsensitief teenoor Besigheidsmense en Boere. Ons word reeds geteiken terwyl dit juis ons is, wat die swaarste las van bydraes dra. Geen verdraagsaamheid word getoon by wan of laat betaling by beide bogenoemde groepe.

Ek werk elke dag met krediet aansoeke en wanneer mense vir hul adres bevestiging, ‘n Munisipale rekening toon is daar sekere geografiese dele waar mense se krag rekening 8000, R30,000 en self 49,000 agterstallig is. Hul erken self, dat beide die Stadsraad en Escom te bang is om hul krag te kom afsit.

Daar is nie ‘n verbetering, maar wys my enige verdraagsaamheid by Boere en Besigheidsmense dan wys ek jou Perde wat horings kry. Dit is nie reg om die enigste betalende verbruiker die skuld te gee, dit is mos nie waar die probleem lê nie. Ou ‘Dames’ moet ‘n ander foefie probeer of net begin krag afsit waar wanbetaling voorkom sonder enige diskriminsasie!!!

mina ·

Plaas hulle in die plakkerskampe gaan kyk 99 present van hulle steel krag

Frans ·

Die enigste mense wat ek van weet wat elektisiteit steel is die wat dit onwettig van kragpale tap in nedersettings waar daar gereeld kinders dood geskok word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.