Boeremag-dokter “nie ʼn rassis”

Van die beskuldigdes in die Boermag-verhoor toe dit in 2003 begin het. Shayne Robinson/SAPA

Van die beskuldigdes in die Boermag-verhoor toe dit in 2003 begin het. Shayne Robinson/SAPA

Dr. Lets Pretorius, ʼn lid van die Boeremag, het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof getuig dat hy nie ʼn rassis is nie en nooit ten gunste daarvan was om geweld te gebruik om ʼn verandering mee te bring nie.

Hy het ter versagting van sy vonnis getuig, en ook gesê hy het nie seuns grootgemaak om rassiste of fanatiese ekstremiste te wees nie.

“Ons is ʼn gelukkige, liefdevolle, Godvresende naby-familie. Ek het my seuns grootgemaak om patriotiese Afrikaners te wees,” het hy gesê.

Pretorius, sy drie seuns en 16 ander Boeremaglede is verlede jaar skuldig bevind op ʼn aanklag van hoogverraad in ʼn komplot om die ANC-regering omver te werp.

Sy seuns en Herman van Rooyen en Rudi Gouws, is ook skuldig bevind op aanklagte dat hulle gepoog het om oudpresident Nelson Mandela met ʼn tuisgemaakte bom te vermoor. Hulle is verder skuldig bevind dat hulle Claudia Mokone, ʼn ma van Soweto, vermoor het toe hulle ʼn bom op ʼn treinspoor in Oktober 2002 laat afgaan het.

Pretorius het gesê as ʼn mediese dokter het hy vir drie jaar lank met swart pasiënte gewerk by verskeie sendelinghospitale. Hy het ook verskeie landelike klinieke in die voormalige Lebowa vir 16 jaar lank behartig en swart en wit pasiënte by sy privaathospitaal behandel.

Hy het ook gesê sy seuns het hom gereeld vergesel en hulle het geen probleme met swart mense gehad nie.

“Die dag voor my inhegtenisname het ek opdrag van die Heilige Gees gekry om die pad vir die Boerevolk in die woestyn te baan, en ‘n banier op te hef vir die nuwe nasie wat gevorm word. Daar was geen element van geweld in dié opdrag nie. Ek het my met die opdrag besig gehou sedert ek op borgtog vrygelaat is. Ek weet die regering hou my met ʼn valkoog dop en ek is seker as ek enigsins by iets onwettigs betrokke was, my borgtog opgeskort sou word,” het hy gesê.

“Ek is steeds betrokke by die webwerf Boerevryheid wat as ʼn debatforum gebruik word om die boerenasie as geheel te bespreek.”

Hy het ontken dat hy ʼn leidende rol in die Boeremag gespeel het. Hy het gesê sy rol sou wees om mediese sorg te verskaf as ʼn grootskaalse swart-op-wit aanval, soos die sogenaamde Nag van die Lang Messe, sou plaasvind.

Hy beweer dat die staatsgreepkomplot eksklusief die breinkind van sy medebeskuldigde, Tom Vorster, was en dat hy nie betrokke was by al Vorster se planne nie.

“Vorster het my verseker dat ons besig was met planne wat in werking sou tree ná die Nag van Lang Messe. Ek het nooit die indruk gehad dat ons besig was met aanstootlike optrede nie. Ek was baie effektief gebluf. Ek is bereid om te erken dat ek vergaderings bygewoon het en erken ek het ʼn tekort aan insig gehad. Ek was altyd op die kantlyn en het nooit planne beraam nie, buiten om te voorsien dat daar genoegsame mediese toerusting beskikbaar was. Ek kan in alle eerlikheid sê dat ek in geen stadium besig was om ʼn staatsgreep te beplan nie. Ek het nooit die indruk gehad dat my seuns sou bomme plant nie. Ek het niks geweet van enige bomme nie. As ek nie in hegtenis geneem was nie, sou ek alles in my vermoë gedoen het om te verhoed dat enige bomme afgaan,” het hy bygevoeg.

Hy het gesê hy het sy seuns in die tronk gekonfronteer en hulle het gesê Vorster en Hanekom het hulle oortuig dat hulle in ʼn oorlogsomgewing was en sou deur die Geneva Konvensie beskerm word.

“Ek het altyd slagoffers van geweld behandel, maar die eerste keer wat ek persoonlik in kontak met geweld gekom het, was toe ʼn geweer teen my kop gedruk en ek rondgeruk is tydens my inhegtenisname. Ek het nog my hele lewe lank ʼn goeie verhouding met swart mense gehad; my geskiedenis as dokter spreek daarvan.”

Pretorius het getuig hy en sy seun Johan, ook ʼn mediese dokter, het na beraming elkeen sowat R20 miljoen verloor as gevolg van die Boeremagverhoor. Hulle moes hul privaathospitaal toemaak en Pretorius moes ook sy plaas en vee verkoop.

Die verhoor duur voort.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SwartMag ·

Waar is julle nou? Waarom nie julle mense wat vir die “saak” baklei bygestaan nie? Sal u saam stem met die stelling? U het meer bek as binnegoed?
Ek wil net iets anders ook uitklaar. Madame Trippie het my uitnodiging van gister op Praag aanvaar om my te vergesel na een van die “townships” van haar keuse. My kommentaar daar is verwyder en ek wil net graag hê dat sy dit hier op Maroela moet bevestig en die datum en tyd met my vasmaak. Hoor graag van u Madam Tippie sodat ek met die reëlings kan voortgaan.

Seg Net ·

Is hierdie splinter groep en paar mense wat ‘n regering wil aanvat regtig die moeite werd? Ek glo nie. Indie hulle gevang word kan hulle geen genade van die swart kommunistiese regering verwag nie. Los sulke dade tot die tyd reg is. Hulle en hulle hele families ly daaronder en is nie die moeite werd nie. Jou en jou gesin se lewens is baie meer werd. Dit is my gevoel en julle mag van my verskil.

Trippie ·

Jy het seker diep in jou binneste gehoop en gewens ek aanvaar jou aanbod, of hallusineer u Swart Mamba ? Boonop vertel u een gruwelike leuen – ek was VANDAG vir die EERSTE keer sedert verlede week weer op Praag om my bydraes daar te lewer.

My antwoord aan u gisteraand is VERWYDER … TSK !

Ek sal saam gaan, MITS ons ‘n WIT PLAKKERSKAMP kan besoek … en liefdadigheidswerk daar doen – BESLIS NIE swart woonbuurtes nie – DEAL ?

***

My hart gaan uit na Dr Pretorius, sy gesin en elk van hierdie manne se families.

Seg Net ·

Trip ek het julle lekker op hol gehad. Dit was ek die Swart mag

JAVR ·

Jy soek slae!!!! Nee magtag man die bloeddruk moet darem in ag geneem word Segnet! Dog die Afrikaans en spelling is buitengewoon puik wat NOOIT die geval is nie!!! Eishhhh. Wel ek is bly daar is nie ‘n indringer wat ons lewens gaan versuur nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.