Boeremag: Du Toit skuldig aan hoogverraad

Foto: EWN

Mike du Toit, een van die verdagtes in die Boeremag-verhoor, is Donderdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan hoogverraad.

Regter Eben Jordaan het vroeër dié week begin om sy uitspraak in die nege jaarlange hofsaak te lewer. Die 20 mans word onder andere van hoogverraad, terrorisme en moord aangekla. Du Toit is die outeur van die sogenaamde “Dokument 12” wat die plan uiteengesit het om ‘n staatsgreep uit te voer, berig EWN. Jordaan sê Du Toit was deel van die Boeremag se binnekring wat taktiese besluite uitgevoer het. Volgens die hof sou Du Toit glo ‘n leierskaprol in die nuwe “slegs wittes”-staat aangeneem het.

Jordaan se uitspraak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Dit is vir my ondenkbaar dat du Toit en kamerade gedink het hulle kan ‘n regering omvêr werp en ‘n “wit-staat” stig. du Toit en sy meedoeners het sonder twyfel in ‘n droomwêreld geleef.

Dat daar aspirasies by mense is vir selfbeskikking in ‘n afsonderlike onafhanklike staat, is sekerlik nie vergesog nie maar dan sal ander weë gevind moet word as militante optredes, Eerstens moet sodanige persone weet dat selfbeskikking binne ‘n outonome staat beding moet word met “iemand” – hierdie geval dalk internasionaal om steun te kry en dan moet die moontlikheid verkoop word aan diegene wie sou belangstel. Sou genoeg steun gewerf word uit alle oorde, maak dit bedinging dusdanig groter en sal so ‘n proses kan begin.

Sou ‘n diplomatiese werkwyse gevolg word vir die verkrywing van selfbeskikking, sal waarskynlik baie meer steun daarvoor verkry word as die handjievol regse Boeremag- en ander regse groeperinge wat hul daarvoor beywer. Tans is die yweraars vir selfbeskikking egter verdeel in talle fronte, ens. wat geen hoop het op sukses nie en bring hul arrogansie en militantheid meer teëstand by potensiële ondersteuners as wat dit steun lok.

Die Boeremag en ander regse organisasies sal hul strategieë drasties moet verander om enigsins sukses te behaal.

Mike ·

HJ ek stem saam dat die enigste manier om selfbeskikking te verkry deur middel van onderhandeling sal moet geskied. Dit is jammer dat die manne hulle tot geweld probeer wend het, maar dit is ook as gevolg van spesifieke gebeure wat hulle gedwing het om te dink dat geweld al opsie is. Die regering sal van hulle kant af ook moet begin luister na die afrikaner, as hierdie plan van die boeremag sou slaag sou dit verreikende implikasies gehad het op die hele land.

‘n Soortgelyke plan kan later dalk deur ander suksesvol deurgevoer word wat SA duur te staan sal kom. Die probleem is dat die linkse media alles in hulle vermoe doen om afrikaners te probeer beinvloed om hulle te onderwerp aan DA en ANC beleid. As ek ‘n voorbeeld kan noem toe die VVK ‘n volblad advertrensie in Beeld wou plaas om hulle verkiesing te adverteer is hulle versoek botweg geweier. Sulke optrede laat afrikaners onder die indruk dat niks anders as geweld sal die toekoms van afrikaners kan verander nie. Ek is nie ‘n lid of ondersteuner van die VVK nie.

Ek voel bitter jammer vir die manne en ek het al baie gewens dat ek vir hulle iets kon doen want aan die einde van die dag is hulle steeds afrikaners wat net omgee vir ons en ons kinders se toekoms in ‘n land wat daagliks meer korrup raak en agteruitgaan. Die grootwoord wat deesdae in afrikaner geledere oral uitkom is selfbeskikking en ek is oortuig daarvan dat dit nog ‘n baie omsterde onderwerp gaan word omrede dit nie DA of ANC beleid is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.