Boeremag-‘kapelaan’ skuldig aan hoogverraad

Boeremag-verdagtes in die hof Foto: EWN

Die Boeremag-kapelaan, Gerhardus Visagie (73), is Dinsdag in sy afwesigheid aan hoogverraad skuldig bevind in die hooggeregshof in Pretoria.

Visagie was nie in die hof nie aangesien hy herstel van ʼn rugoperasie wat hy verlede maand ondergaan het. Hy het ook verlede jaar ʼn hartomleiding gehad nadat hy in die hof inmekaar gesak het. Visagie se regsverteenwoordiger het aangevoer dat sy kliënt ingestem het dat uitspraak in sy afwesigheid voortgaan. Regter Eben Jordaan het bevind dat Visagie deelgeneem het in die beplanning van ʼn gewelddadige staatsgreep. Jordaan sê Visagie was deel van die Boeremag se binnekring en het verskeie vergaderings bygewoon waar die staatsgreep bespreek is. Hy was glo ook teenwoordig toe teikens soos die Uniegebou, landdroshowe en die Suid-Afrikaanse Reserwebank geïdentifiseer is. Slegs agt van die 20 beskuldigdes het Dinsdag se hofverrigtinge bygewoon. Uitspraak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.