Boeremag-uitspraak duur voort

Foto: EWN

Regter Eben Jordaan het Maandag met sy uitspraak in die Boeremag-verhoor begin.

Hy het begin om deur nege jaar se regsdokumente te werk om sy uitspraak te lewer, berig EWN. Ten minste 20 verdagtes in die Noord-Gautengse hooggeregshof staar sowat 40 aanklagte in die gesig, insluitend hoogverraad en terrorisme.

Nadat hy die saak teen die verdagtes uitgespel het, het Jordaan verskeie van die aansoeke wat hy aangehoor het, begin opsom. Hy het ook verwys na ‘n poging deur sommige van die verdagtes om as oorlogsgevangenes beskou te word. Verskeie van die mans het vroeër aangevoer dat hulle nie as gewone misdadigers beskou moet word nie, maar Jordaan het dit van die hand gewys.

Die 20 mans het beplan om swart mense uit die land te jaag en ‘n slegs-witmense-Boererepubliek te vestig.

Jordaan sal na verwagting sowat drie weke neem om sy uitspraak te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan S Smith ·

Ek hoop net Jordaan toon meer trou jeens sy eie biologiese soort as jeens sy rasvreemde en rasvyandige meesters!

Ebert ·

Jou hoop is ‘n dwase hoop. Bevoegde regters word gelei deur wetgewing en bewyse. Niks anders nie.

Paul ·

Jan Smith, as dit jou hoop is vir die Suid-Afrikaanse regstelsel, is ek bevrees dat jy vir jouself ‘n groot lat wil pluk!

H J Bester ·

Die Boeremag-lede se destydse optrede mag dalk heldhaftig blyk te wees maar was dit na alles tog dwase optrede gegewe die heersende politieke bedeling en -klimaat. En al sou hulle met hul eerste aanslag slaag, sou verdere optrede spoedig geëlimineer word want hulle was eenvoudig te min in getal en nie genoegsaam bewapen en opgelei om groot deurbrake te maak nie. Verder sou hulle, selfs vandag nog, kon reken op min werklike en aktiewe fisiese steun omdat baie steun sou beloof maar min hul werklik aan optrede sou blootstel. Hulle het dus hul lewens onnodig in gevaar gestel en gaan nog ‘n duur prys betaal vir ‘n sinnelose optrede.

Die enigste manier om aspirasies te vestig en waarvoor steun gewerf en versekureer kan word, is deur middel van die domokratiese prosesse naamlik om te registreer as kieser en vir ‘n party te stem wat grootliks jou aspirasie kan bevredig. Indien daar nie so ‘n party bestaan nie, stig jou eie en werf steun vir jou politieke standpunte. Hiersonder sal min erkenning ooit vir jou aspirasies gewerf kan word.

Almal weet dat die Suid-Afrikaanse politieke toneel tans vir ‘n groot deel van die blankes en in die besonder vir baie Afrikaners, onaanvaarbaar is en ‘n bron van kommer is. maar ongelukkig is daar geen alternatief as om van die huidige demoktratiese prosesse gebruik te maak om doelwitte te bereik nie. En alhoewel dit dalk blyk nooit haalbaar is nie, moet met groot geloof en doelgerigtheid deelgeneem word. Daar is ongelukkig geen alternatief nie.

Aan al die konserwatiewe en regse groeperinge is daar maar net een boodskap naamlik om gebruik te maak van die huidige politieke prosesse om doelwitte te verwesentlik eerder as om op militante en ander ongeoorloofde fisiese en gewelddadige wyses ‘n punt te probeer maak. Is die blankes se intellektuele vermoëns nie dalk ‘n beter wapentuig om mee te beding as om op die basiese van geweld staat te maak nie ?

Jan S Smith ·

“Bevoegde regters” in die Suid-Afrikaanse Reg(!?)stelsel? Seblief, ek het klaar gelag. Skrik wakker uit julle utopiese droomwereld van wensdenkery!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.