Boeremag-verhoor: Bewerings afgemaak

Foto: EWN

Regter Eben Jordaan het Dinsdag bewerings dat die Boeremag-verdagtes nie ‘n regverdige verhoor ontvang het nie, ontken.

Jordaan was besig met sy tweede dag van uitspraak in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria, berig EWN. Die 20 verdagtes staar verskeie klagtes, insluitend hoogverraad en terrorisme in die gesig. Jordaan het in fyn besonderhede die meer as 40 aansoeke, wat oor die afgelope nege jaar voor hom gebring is, begin opsom. Aansoeke strek van klagtes oor harde musiek en ligte wat in die aand in die selle aangelos is tot griewe dat hulle geboei is.

Prokureurs vir die verdediging het ook aangevoer dat meer as 250 dae van die verhoor onnodig gesloer is. Die hoëprofiel-saak is een van die langste kriminele sake in Suid-Afrika. Tydens die verhoor het twee verdagtes gesterf en sommige van die mans het verskeie kere probeer ontsnap. Volgens Jordaan het die mans geen gronde tot klagtes nie, aangesien die oponthoud hoofsaaklik weens hul eie toedoen was.

Die regter het nog nie die meriete van die saak bespreek nie en na verwagting sal sy uitspraak weke lank vat om te voltooi.

Die aanklagte spruit uit ‘n vermeende regse Afrikaner-plan om ‘n staatsgreep uit te voer en ‘n Boere Republiek te vestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

A Venter ·

En wat sal die ou liberale regter nou se in sy uitsprake ‘Sorry ek is mislei” maar mnr die regter jy het jou lippe begin aflek om hierdie klomp regses te probeer dieper wegsluit en nou begin die ou Broederbond se tyres af te kom.As die sotte (jy kan hulle nie anders beskryf nie) net kan dink daar is 19 Huwelike tot nuut hoeveel kindertjie se lewens is verwoes deur n klomp broederbond varke wat hulle pensioen wou verseker het.Dit is seker die grootste broederbond skande wat nog ooit in ons land se geskiendenis op geteken sal wees.Al hierdie mense wat n hand in die paai gehad het moet dadelik gearrestree en verhoor word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.