Boeremag-verhoor: Derde lid skuldig bevind

Rooikoos du Plessis, een van die verdagtes in die Boeremag-saak, is Maandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan hoogverraad.

Die broers, Mike en André du Toit, is verlede week deur die hof skuldig bevind aan hoogverraad. Mike is as die meesterbrein agter die Boeremag-staatsgreepkomplot uitgewys. Die Boeremag het glo beplan om die ANC-regering omver te werp om ʼn “slegs wittes”-staat te skep.

Regter Eben Jordaan het beslis dat Du Plessis ʼn groot rol in die komplot gespeel het om ʼn staatsgreep uit te voer.

Nog 19 verregses word onder andere van hoogverraad, terrorisme en moord aangekla. Dit is die sesde dag van die uitspraak wat na verwagting meer as drie weke lank kan voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.