Boeremag-verhoor: Du Toit as leier uitgewys

Foto: EWN

Een van die verdagtes in die Boeremag-hofsaak, Mike du Toit, is Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof as die leier van dié regse groep se binnekring identifiseer.

Regter Eben Jordaan het voortgegaan om bewyse op dag drie van sy vonnis op te som, berig EWN. Die 20 mans word onder andere van hoogverraad, terrorisme en moord aangekla. Volgens Jordaan het staatsgetuies Du Toit as die leier en die man wat al taktiese besluite gemaak het, identifiseer. Hy het glo verskeie vergaderings met medebeskuldigdes en staatsgetuies gehou waar die plan bespreek is.

Die Boeremag het glo beplan om militêre basisse oor te neem en swart mense gewelddadig uit die land te forseer. Die hof het aangehoor dat ‘n groep van die lede met jaggewere glo lugmagbasisse sou omsingel en enige vlieënier sou skiet wat na sy vliegtuig toe hardloop.

Jordaan sal Donderdag met sy uitspraak voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.