Boeremag-verhoor: Nog ‘n verdagte skuldig bevind

Boeremag-verdagtes in die hof Foto: EWN

Kolonel Magiel Burger, ʼn beskuldigde in die Boeremag-verhoor, is Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof aan hoogverraad skuldig bevind.

Burger, ʼn voormalige opleidingsbeampte by die Lohatlha millitere basis in die Noord-Kaap, is die sesde van die 20 verdagtes in die saak om skuldig bevind te word. Regter Eben Jordaan het in sy uitspraak gesê dit is duidelik dat Mike du Toit, die vermeende leier van die Boeremag, en sy broer Andre nie ʼn “Sondagskoolpiekniek” beplan het toe hulle in September 2001 sowat 700km gery het om met Burger te ontmoet nie. Burger het slegs een keer met hulle ontmoet. Burger se naam verskyn egter op verskeie plekke in ʼn gewysigde weergawe van Mike se “oorlogsplan”, beter bekend as Dokument 12. Die dokument is glo die groep se “bloudruk” vir die uitvoer van ʼn gewelddadige regse staatsgreep. In Dokument 12 word daar glo aangevoer dat dit Burger se werk was om die Lohatla en Kimberley millitere basisse oor te neem gedurende die staatsgreep. Hy moes glo ook millitere voertuie en toerusting gereed kry vir die staatsgreep. JC Smit, ʼn polisieagent, het getuig dat Burger aan die ander gesê dat hulle plan hom sy loopbaan kan kos maar dat dit nie saak maak nie. Burger het glo die uitlating gemaak tydens ʼn vergadering by majoor Jacques Olivier, ʼn medebeskuldigde, se huis.

Jordaan het bevind dat ʼn staatsgreep bespreek is, Burger ʼn gewillige deelnemer was en dat hy nooit vir iemand van die komplot vertel het nie. Jordaan sê alhoewel Burger meer as een geleentheid gehad het om sy gesprek met die Du Toits aan die polisie te rapporteer, het hy dit nie gedoen nie selfs nadat daar aan hom gesê is dat sy naam in Dokument 12 verskyn. Jordaan het tot die gevolgtrekking gekom dat dié feit alleen hom aan hoogverraad skuldig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.