Boeremag vonnisverrigtinge begin

Foto: Facebook

Die vonnisoplegging van die 20 Boeremaglede wat aan hoogverraad skuldig bevind is, sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-hooggeregshof begin.

Dié groep regses is verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hulle deel van ‘n sameswering was om die ANC-regering omver te werp. Kobus Pretorius, sy broers, Johan en Wilhelm, sowel as Herman van Rooyen en Rudi Gouws (wat die groep se bomdeskundiges was) is ook skuldig bevind aan die moord op Claudia Mokone. Sy is dood toe skrapnel haar getref het nadat ‘n bom op ‘n spoorlyn in Soweto afgegaan het. Hulle is ook skuldig bevind dat hulle Nelson Mandela wou vermoor en was verantwoordelik vir ‘n rits ontploffings in Soweto, Grand Central-lughawe en  ʼn brug in Port Edward.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.