Boeremaglede beweer polisie-komplot

Die Boeremaglede wat skuldig bevind is aan hoogverraad gaan moontlik aansoek doen om hulle skuldigbevindings om te keer.

Dié lede het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria beweer dat die polisie saamgesweer het teen hulle. Regter Eben Jordaan het die saak tot 24 Januarie uitgestel om die lede kans te gee om raad te kry by ʼn senior advokaat. Paul Kruger, regsverteenwoordiger van sommige van die lede, sê kapt. Deon Loots, ʼn voormalige polisieman, het in Oktober verlede jaar in ʼn Sondagkoerant bewerings gemaak van ʼn sameswering. Rapport het Loots in twee artikels aangehaal waar hy beweer het dat polisiespioene getuienis geplant het en Boeremaglede aangehits het om misdrywe te pleeg. Hy het verder beweer dat die polisie konsultasies tussen die Boeremaglede en hul regspanne meegeluister het. Die Boermaglede wil nou ʼn hersieningsaansoek bring waarin hulle die grondwetlikeheid van die polisie se ondersoek wil toets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.