Boeremaglede onbevoeg om wapens te besit

Regter Eben Jordaan

Regter Eben Jordaan

Regter Eben Jordaan het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof verklaar dat alle lede van die Boeremag, buiten drie, onbevoeg is om vuurwapens te besit.

Die staat het aansoek gedoen dat die beskuldigdes onbevoeg verklaar moet word om vuurwapens te besit.

Regter Jordaan het die polisie opdrag gegee om die huise van die beskuldigdes te deursoek en beslag te lê op alle vuurwapens, ammunisie en verwante dokumente wat in hul besit mag wees.

Adriaan van Wyk en voormalige lede van die weermag Giel Burger en Pieter van Deventer het toestemming ontvang om hul vuurwapenlisensies te behou. Dié drie mans het opgeskorte vonnisse ontvang weens hul beperkte rolle in die komplot. Jordaan het hul verklarings aanvaar dat hulle hul vuurwapens benodig vir hul werk op plase en by ʼn sekuriteitsmaatskappy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.