Skok-onthullings oor die Boeremag-ondersoek wat deur Media24 se ondersoekspan blootgelê is, kan die hele saak van nege jaar ongedaan maak. “Dít is glo as gevolg van korrupte polisielede wat vir hulleself ʼn toekoms in die polisie wou verseker,” het die burgerregte-organisasie, AfriForum, gesê.
In dié radio-onderhoud gesels Esmarie Prinsloo, ʼn verslaggewer van AfriForum, met Paul Kruger, die prokureur van 13 van die boeremagbeskuldigdes, om uit te vind wat die Boeremag-verdedigingspan se reaksie en plan van aksie op hierdie onthullings is.
Klik hier om na die onderhoud te luister.
Skokkend ja, maar nie ‘n verrassing nie. Vir baie jare al word enigiets of -iemand wat net effens na regs ruik, veroordeel, verneder en selfs in die media belaglik gemaak. Die vrugte is reeds gepluk, maar steeds word ontkennend geskarrel om die gevolge, wat deur bv. dr. Andries Treurnicht voorsien is, goed te praat. Dis dus te verstane dat daar van ons “eie” mense is wat die boeremaglede in ‘n smeltkroes kon stoot. Sjoe! Wat van ‘n mens se gewete? Dis om oor te ween ….
Hierdie verraaiers verdien die doodstraf. Dit wat hulle aan die boeremaglede gedoen het kan geen geld ooit uitwis nie, wat van hulle vrouens en kinders. Hoop hulle land almal lewenslang in die tronk siende doodstraf en/of hoogverraad nie sal plaasvind nie. Wat n skande, maar hulle het nie gewetes nie, ek minag hulle nie eers nie want ek het geen agting vir hulle nie – vullis van die aarde.
Hierdie vuilgoed wat dit aan ons mense gedoen het is nie werd om BOERE AFRIKANERS genoem te word nie en verdien die dood vir hulle verraad .NIKS MINDER NIE. JAMMER DIE DOODSTRAF IS AF GESKAF.