Boeremagverhoor: Vonnisoplegging begin

Foto: EWN

Argieffoto: EWN

Die vonnisoplegging van die Boeremagverhoor begin Maandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria.

Die 20 mans is verlede jaar in Julie skuldig bevind aan verskeie kriminele misdrywe waaronder hoogverraad, moord en terrorisme vir ʼn komplot om ‘n staatsgreep uit te voer.

EWN berig die dekadelange verhoor het die belastingbetaler al meer as R30 miljoen gekos weens regskostes vir die beskuldigdes.

Regter Eben Jordaan gaan na verwagting twee dae lank neem om die vonnisuitspraak te lewer wat die hofsaak, wat as een van die land se langste en duurste verhore beskou word, tot ʼn einde sal bring.

Volgens Paul Fick, staatsaanklaer, het die mans beplan om ‘n staatsgreep vir selfsugtige politieke redes uit te voer en wou hul standpunte op Suid-Afrikaners deur middel van geweld afdwing.

Vyf lede van die Boeremag het as ʼn bomeenheid opgetree deur talle teikens op te blaas en het ook gepoog om voormalige president Nelson Mandela te vermoor om chaos in die land te veroorsaak.

Die staat hoop op lewenslange tronkstraf vir die mans, wat ook verantwoordelik was vir ‘n bom waarin ʼn vrou van Soweto dood is.

Fick wil graag die res van die groep tronk toe stuur vir ten minste 15 jaar elk.

Bron:EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BlinkStefaans ·

Ek sien Sexwale is in amerika toegesluit/aan gehou as terroris…Die een se vryheidsvegter sal seker maar altyd die ander een se terroris wees? Gelukkig is die wiel rond en al is dit partykeur stadig draai hy…..

bushy ·

moenie vaskyk teen die R30m van hierdie saak, want wat kos Zuma en verskeie ander politieke vigure die belastingbetalers vir verskeie hofsake waarvan niks gekom het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.