Boerpot vir diewe in Australië

Foto: Brisbane Times

Foto: Brisbane Times

Diewe in Australië het Oujaarsaand ongeveer 75 kg goud en silwer uit ʼn huis in Brisbane gesteel.

Christopher Lunt (31), ʼn weermagkorporaal, het op Oujaarsaand van ʼn partytjie teruggekeer by die huis en gesien sy huis is geplunder. Diewe het ʼn kluis oopgebreek en die goud en silwer gesteel.

Lunt se versameling was glo onveer AUS $200 000 (sowat R1.8 miljoen) werd. “Dit is die afgelope 10 jaar van my lewe se spaargeld,” het Lunt aan die Brisbane Times gesê. “Twee ontplooiings na Irak en Afghanistan, alles weg.”

Dit is nie duidelik of die diewe net toevallig op die goud en silwer afgekom en of hulle die huis spesifiek geteiken het nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Wonder oor hulle wiskunde? 75kg x 1000. /30 gee onse x $1000 is meer as R25miljoen. As dit net 10% goud was (weet nie wat silwer kos nie) was dit R2500000, sonder enige intrensieke waarde…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.