Boervrou met plofstof betrap

Cornelia de Wet. Foto: Volkstaat.net

Cornelia de Wet. Foto: Volkstaat.net

ʼn Boervrou wat vermoedelik aan die plaaslike Boeremag verbind word, is op haar plaas in Carolina op aanklagtes van die onwettige besit van ammunisie en plofstof in hegtenis geneem.

Beeld berig die polisie het Dinsdag ʼn klopjag op Cornelia de Wet se plaas uitgevoer. In ʼn verklaring sê die polisie hulle ondersoek ’n geruime tyd bewerings wat met terrorisme en hoogverraad verband hou.

Die polisie het op R1-, .22- en haelgeweerpatrone, glo van Portugese oorsprong, beslag gelê. Hulle het ook slagdoppies en Cortex-knaldraad gekry.

Luitenant-kolonel Leonard Hlathi het bevestig dat sy in hegtenis geneem is en dat sy Woensdag in die hof op Carolina verskyn het. Hy wou nie meer inligting bekend maak nie.

De wet moet Woensdag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.