Boetebessie glo in Kaapstad aangeval

Die Stad Kaapstad het verskeie klagtes gekry van verkeersbeamptes wat deur motoriste, wat nie parkeergeld wil betaal nie, intimideer word.

‘n Boetebessie het die afgelope week ‘n kriminele klag gelê nadat sy glo in Longstraat, Kaapstad, aangerand is, berig EWN. Beamptes sê die man het sy BMW-motor in ‘n “blitsige parkering” (short-stay bay) parkeer en het toe geweier om die R2,50 tarief vir die 15 minute te betaal. Toe die boetebessie hom vra om te betaal, het hy glo gevloek en haar deur die gesig geklap. Die man beweer hy het net iets afgelaai. Brett Herron, lid van die Stad Kaapstad se Burgemeesterskomitee, het gesê kriminele aksie sal teen oortreders geneem word. Hy sê die boetebessie en diegene wat die beweerde aanval aanskou het, kon die motorregistrasienommer van die verdagte neerskryf. Besonderhede is aan die polisie deurgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.