Boeties kla oor rassisme by Gimmies in Potch

Foto: Google Earth

Foto: Google Earth

Jongste: Intussen het die hoof, mnr. Roelof Oosthuizen, aan Maroela Media gesê hy kan nie tans kommentaar lewer oor die aantygings nie. “Die departement hanteer die situasie en sal die bewerings ondersoek,” het hy gesê.

Twee broers word glo onophoudelik geteister en rassistiese aanmerkings toegesnou by Potchefstroom Gimnasium in Noordwes, het The Star Maandag berig.

Die tweeling, Kago en Kagiso Mangope (14) is graad 8-leerlinge by die skool en is ook die enigste twee swart seuns wat in die graad 8-koshuis woon.

Hul broer, Lebo, het aan die koerant gesê die seuns word gereeld die k-woord genoem en twee vorige voorvalle het daartoe gelei dat Kago die rugbyspan verlaat het.

Skoolseuns spot hom glo omdat hy gereeld diegene aangee wat rassisties teen hom optree. “Hulle het voor ʼn onderwyser die rassistiese aanmerkings gemaak en die onderwyser het opgetree asof niks gebeur het nie,” het Lebo gesê.

Die spanning van die aanmerkings het daartoe gelei dat hul punte gedaal het.

Lebo het met die skool in verbinding getree en die skool het gesê die klag sal hanteer word, aangesien dit ʼn “ernstige en sensitiewe saak” is.

ʼn Verhoor is vir Maandag gereël, het die koerant verder berig.

“Die departement sal wag vir die uitslag van die verhoor om te bepaal wat moet gebeur,” het Brian Setswammung, woordvoerder vir die departement van onderwys, gesê. “Die departement duld nie rassistiese aanvalle en geweld by skole nie. Indien ʼn patroon van rassisme gesien word, sal die departement dringend stappe doen om die kwessie aan te spreek.”
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Adri ·

Ai, my ou skool. Kan my nie voorstel dat daar Mangope’s in die skool kan wees nie. Klink darem of daar iets goeds oorgebly het …

Toekels ·

Dit is so jammer dat kinders wat ook maar net die voorreg van goeie onderwys wil geniet dit nie in vrede kan doen nie. Ek ken Gimmies as nogal ‘n goeie skool en kan nie glo die Hoof en sy personeel het hulle integriteit verloor om nie die kinders te beskerm nie. Ek glo ook hierdie opmerking van Adri het ‘n nie so subtiele ondertoon wat ongevraagd is. Wanneer gaan ons land mense as mense sien en kleur uit die prentjie haal. Dit sal soveel probleme oplos en almal wat so optree doen dit in die naam van Christen….. regtig?

Sien dit so ·

Waarom verlaat die swartes nie net die skool nie? Hulle sien dan hulle is die enigste en is nie welkom nie. Hulle sal ook nooit daar welkom wees nie. So as hulle dan wil wit speel, dra die gevolge, daar is mos swart waar hulle welkom is.

susan ·

Gimnasium tref geen onderskeid wanneer kinders vir sportspanne gekies word nie. ‘n Saak het ook gewoonlik twee kante – dit is jammer dat die media so berig plaas sonder dat hulle die ware feite ken. Almal moet maar stoei vir ‘n plekkie is ‘n span in ‘n groter skool, en aanpassing van ‘n laerskool na ‘n skool soos Gimnasium met ‘n baie hoë akademiese standard, kan ook maak dat jou punte daal. Hoekom moet rassisme altyd die skuld vir alles kry? Ek glo dat die kinders na 1994 gebore is, so hulle het glad nie in apartheid gelewe nie en moet maar spartel om bo te bly – net soos my kinders wie se punte ook maar gedaal het!!

Rudi ·

Adri en “Sien dit so,” as julle nie eens in dieselfde gebou as ‘n swart mens wil wees nie, gaan terug Europa toe. Die res van ons is Afrikaners en verstaan dat daar SWART MENSE IN AFRIKA IS. Rassehaat is uitgedien, los dit vir die Malema’s van die lewe. Eerder as om swart leerlinge by Afrikaanse skole in te laat, voer ‘n paar busse vol in en maak Boere van hulle. Dan kyk jy hoe die ANC in ‘n paar jaar kopkrap wanneer al die swartes VF stem.

Vera ·

As Maroela Media ‘n ‘like’ knoppie gehad het het ek jou woorde verseker nou ge’like’. Ek stem 100% saam met jou Rudi!!! Beter as jy sou ek dit nie kon sê nie.

Stoere Boer ·

Lyk my ons kinders begin ook ruggie styf maak. Aan die Rudi en kie. Ons almal weet daar is swart mense in Afrika maar ons besef ook daar is ‘n groot verskil tussen ons en hulle. Word wakker en kyk om jou rond en sien wat om jou aangaan. Wag tot hulle jou familie ook begin aanval dan praat ons weer

Rudi ·

Stoere Boer: wil jy vir my sê elke swart mens is identies dieselfde? En wil jy vir my sê jy’t nog nooit ‘n swart Afrikaner gesien nie? As daar so ‘n groot verskil tussen “ons” en “hulle” is, sê my asseblief wat is dit? As jy die plaasmoorde gaan gebruik as ‘n verskoning om alle swartes te verag, verduidelik vir my hoekom ‘n swarte nie apartheid mag gebruik as ‘n verskoning om al wat ‘n blanke is in die grond in te BEE nie?

Ek het GROOT probleme met die swart kulture en hoe daai mense optree. Dis verkeerd, dis primitief, en hulle beter wakker word want die wêreld gaan hulle in die stof laat as hulle nie opskud en ontwikkel nie. Maar dis ‘n kulturele probleem, nie biologies nie. Dus: as ons die volgende geslagte reg kan leer, kan die probleem opgelos word. Dis nie inherent aan enigiemand met ‘n swart vel nie.

Hendrik ·

Rudi, klink my jy het ‘n kop op jou lyf. As Afrikaners is dit mense soos ons se plig om die beeld uit te dra dat ons Afrikaners nie rasse-haters is nie. Dit is betreurenswaardig as daar onregverdig teenoor swart leerlinge wat in Afrikaans by ‘n Afrikaanse skool leer, opgetree word. Daar kan geen regverdiging voor bestaan nie. Dit klink vir my maar baie na bullebak taktiek – presies dit waaroor ons die ANC veroordeel.

Hennie van der Merwe ·

Ek het Saterdag die fees by die Voortrekkermonument bygewoon. Wat ‘n heerlike fees was dit nie! Om so ongehinderd tussen jou “eie” mense rond te beweeg, was ‘n fees op sigself. Waarom mag daar nie instellings wees wat net vir “ons” mense voorsiening maak nie? Waarom moet alles geintigreer word? Waarom moet ons altyd verskoning vra omdat ons wit is! Dit is tog ons reg om ook tevredenheid te geniet! Daar is so ‘n groot verskil in die groepe se kulture, dat sinkronisasie ‘n saak van onmoontlikheid is. Dit is wensdenkery om te dink jy kan van hulle Boertjies maak! Rudie, word wakker ou seun! Hou op droom asseblief!!!

Rudi ·

Hennie, ek moet bieg, ek weet waarvan jy hierbo praat. Ek kom van PTA af en die middestad is pikswart, mens voel jy’s net ‘n toeris in jou geboorteland. Ek was ‘n rukkie in die Kaapse platteland en dis wonderlik om net onder jou “eie mense” te hoef te wees. Hopelik maak dit nie van my ‘n rassis nie, dis net so lekker om in ‘n kultuur te lewe wat jy verstaan en waar jy kan saampraat. Waar jy nie die heeltyd die vreemdeling is, die wit ou, die ou wat “heimlik verlang na apartheid,” en al daai str*nt nie.

Maar kom ons stel die saak so: in terme van genetika is ek veronderstel om ‘n Duitser te wees (ek’s van baie onlangse Duitse herkoms, geen Voortrekker voorsate waarvan ek weet nie), maar ek’s ‘n Boer. Ek ken Boere van Portugese herkoms. Ek ken Boere van Sjinese herkoms (wat spottenderwys na hulself as “Boerenese” verwys). Ek ken Boere van swart herkoms. Die laaste twee gevalle is van mense wat deur Afrikaanse families aangeneem en grootgemaak is. So kom ek vra jou dit: as ons kinders van ander rasse kan aanneem, soos ons eie kan grootmaak, en hulle word deel van ons volk, volg dit nie logies dat ons dieselfde kan doen met enige kind as ons hom reg grootmaak nie? Daar is bra min nie-blankes wat kultureel Afrikaners is, maar hulle bestaan wel, dus is sulke dinge in beginsel moontlik!

Ons het voorheen probeer om ander kulture self te laat ontwikkel, hulle eie tuislande te gee, ensovoorts. Want ons wou nie hulle kulture vernietig nie. Ons kan mos nou sien dit het nie gewerk nie. Hulle kulture blyk nie veel werd te wees nie, daarom kan hulle net daarby baat vind as ons hulle assimileer. Dis nou jammer oor hulle kultuur, maar op hulle eie lyk dit my hulle gaan nêrens heen nie; kyk maar na die res van Afrika. So kom ons doen iets daaromtrent, as ons kan.

Ek sê nie hierdie dinge omdat ek “progressief” is nie. Ek soek net vir ‘n oplossing vir hierdie tikkende kulturele tydbom. Voordat die Malema’s van die lewe die enigstes is wat die pas aangee. Zimbabwe is reg oorkant die grens ter demonstrasie van wat ook met ons kan gebeur.

Selfs al word hulle nie “regte” Afrikaners nie en begin eerder hulle eie Afrikaanssprekende subkultuur (soos die Kleurlinge), sal dit nog steeds (as dit op Westerse waardes gegrond is) beter wees as wat hulle tans het. En hoe minder van hulle dink dat dit reg is om die grond te herverdeel en die Boere te skiet en nasionale wetgewing op rassehaat te baseer, hoe beter is dit vir ons. Dis dus ons verantwoordelikheid (vir ons eie gesondheid) om hulle reg op te voed. En hoe kan ons dit doen as ons hulle uit ons skole uit jaag?

Dan ·

Rudi, jy raak die grootste klomp twak kwyt wat ek nog gelees het. Jy sal nie nie een swarte kry wat vir ‘n suiwer wit politieke party sal stem nie, al doen jy wat. Jy reken die ANC sal “kopkrap” oor daar sogenaamd hordes swartes vir die VF sal stem – jy leef soos jou nalopers in ‘n baie groot droomwêreld.

Rudi ·

Nou goed, as jy so dink. Dalk is jy reg, maar ek verkies dat mens eers probeer voordat jy sê dat dit nie gedoen kan word nie.

Mens kry tog blankes wat dom genoeg is om vir die ANC te stem. Niks is onmoontlik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.