Drie vermeende OTM-boewe het glo vandag die polisie ʼn rat voor die oë gedraai na hulle die polisie oortuig het hulle was by die bank om die OTM met geld te vul, terwyl hulle eintlik daar was om die geld te steel.
Die OTM is vandag beskadig gedurende ʼn inbraak by ʼn Standardbank-tak in Norwood, Johannesburg. Volgens The Star het die polisie twee mans en ʼn vrou van ʼn sekuriteitmaatskappy omstreeks 13:00 op die toneel gesien. Die drie het houers met geld in hul sekuriteitsvoertuig gelaai toe die polisie gestop het om ondersoek in te stel. Die polisie het kort daarna weer gery na die drie vir hulle gesê het hulle hervul die OTM.
Die polisie vermoed die diewe mag moontlik hulp van werknemers in die bank ontvang het, aangesien die OTM se slotte oop was en daar nie aan gepeuter was nie. “Dit was nie ʼn rooftog nie, dit was ʼn inbraak,” het kaptein Phillip Maganedisa, woordvoerder, bevestig. Sover lyk dit nie of enige geld gesteel is nie. Hy het egter gesê die bank moet nog ʼn volledige ondersoek instel.
“Tot dusver het hulle nog nie laat weet of geld gesteel is of nie,” het hy gesê.
Die ondersoek duur voort.
Dit is nou glad nie nuus nie, as daar nie geld gesteel was nie dan was dit nou mos regtig bank werkers wat die OTM gevul het.