Bok Radio onttrek van Ghoemas

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Bok Radio het Dinsdagaand aangekondig dat hy sy betrokkenheid by vanjaar se kykNET Ghoema-musiektoekennings onttrek.

Dít volg nadat die musiekvideo van “Die Land” van die benoemingslys van die Ghoema-musiektoekennings verwyder is op versoek van MultiChoice as gevolg van Steve Hofmeyr se betrokkenheid daarby. Dié lied word deur Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit gesing.

Maroela Media het vroeër berig MultiChoice het gedreig om sy borgskap van dié geleentheid te beëindig indien dit nie gebeur nie.

Heidi Edeling, hoof‑ uitvoerende beampte van die Ghoemas, het gesê daar is by wyse van ʼn demokratiese stemproses besluit dat “Die Land” se musiekvideo van die benoemings onttrek word.

“As gevolg van Steve Hofmeyr se deelname aan die video, versoek MultiChoice dat die benoeming van ‘Die Land’ onttrek word. Verder verklaar hulle dat indien dit nie plaasvind nie, hulle geen ander opsie het as om hul borgskap van die Ghoema-musiektoekeninngs 2019 te onttrek nie,” het Edeling verduidelik.

Bok Radio het in ’n verklaring gesê dat hy met skok van dié besluit van die organiseerders van die Ghoema-musiektoekennings, die Ghoema Musiek Trust, verneem het.

“Bok Radio kan geen vorm van diskriminasie op enige vlak teenoor enige kunstenaar(s), groep of taal ondersteun nie. Ons ondersteun die kunste en kunstenaars se reg op assosiasie, digterlike vryheid en vryheid van spraak.

“Gesien in die lig [hiervan] het ons geen ander keuse as om ons deelname aan die 2019 kykNET Ghoema-musiektoekenningsgeleentheid op te skort nie,” lui die verklaring.

Dié radiostasie sou die kategorie Gewildste liedjie van die jaar by vanjaar se geleentheid borg. “Ons is van mening dat die ‘Die Land’ ʼn kandidaat sou wees om dit te wen. In die belang van deursigtigheid en regverdigheid het ons besluit om ons assosiasie met die kategorie te onttrek.”

Volgens die verklaring sal geen verteenwoordiger van Bok Radio ook die geleentheid bywoon nie.

Arnold Coleske van Coleske Artists het die Ghoema Musiek Trust se besluit as “ʼn klap in die gesig van kunste, vryheid van uitdrukking én vir die bevordering van Afrikaans” bestempel.

Edeling het alle verdere navrae na kykNET verwys. ʼn Woordvoerder van kykNET het egter navrae na Joe Heshu van MultiChoice verwys.

Maroela Media het navrae aan Heshu gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

175 Kommentare

Schalk ·

Bokradio….! We salute you! Julle is ysters. STEVE VIR ONS, ONS VIR STEVE!

Herman ·

Wie gee om? Hofmeyr se rakleeftyd nader nou vinnig die einde.

Karlahari ·

Herman
Maak oop jou oë. Dit gaan nie oor Steve Hofmeyr nie.
Dit gaan oor ons. Die afrikaans sprekendes met n europese kultuur wat oor meer as 300 jaar strek.
Notre Dame is in die 1200’s gebou. 800 jaar terug…..die eerste gebou in Suid Afrika is in die 1650’s gebou……

Alta ·

Hoe kan multichoice dink gaan hulle oorleef met sulke dreigemente!!! Hulle is reeds besig om al hulle betalinde blankes te verloor en hierdie gaan hulle teduur testaan kom!! Almal maak lawaai en wil net in die nuus wees voor die verkiesing. Dit is opvallend wie fout vind met die afrikaanse musiek. Dis walglik en so onvanpas!!!!

Trots Afrikaans ·

Sjoe Herman.
Twee goed. Ten eerste dink ek jy mis die eintlike punt.
Ten tweede, ek dink Steve se musiek gaan nog lank populer wees onder Afrikaner. Wat hom as person betref, of mens van hom hou of nie, hy is besig om ‘n Afrikaans ikoon te word. Hy staan openlik op vir wat hy glo. Men’s kan nie anders om dit te admireer nie.

Vreemd ·

Ons het lankal multichoice gekanseleer. Mis dit glad nie!!
Dankie bokradio

Akademi Buktu ·

Herman, deafrikaans en vermultichoice asseblief jou huis. Hou op om Afrikaans te lees, praat en andersins te gebruik. Ons taal en kultuur sal sekerlik beter af wees sonder jou.

Henriette ·

Well done Bok Radio, dankie vir die opstaan vir Afrikaans en onregverdigheid

Emelia ·

Bravo Bokradio. Herman jy mis die punt. Dit gaan oor die Afrikaner volk nie oor ras. Dink Steve moet n politieke party stig dan kan hy mos se net wat hy wil soos sommige ander party leiers en NIKS oorkom nie. Ek lankal sonder tv

Colleen ·

Multichoice kan gaan vlieg. Klaar gekanselleer en daar is baie ander en beter opsies.

Askies? ·

Herman jou rakleeftyd is ook nou verby . miskien moet jy ook gaan lê … moenie in jou slaap praat nie.

Bokkie ·

Wel gedaan Bok Radio! Die res van die borge moet ook onttrek en die kunstenaars dan is daar nie ‘n Ghoema nie. Gelukkig kyk ons al jare nie meer tv nie.

Suanette Ludick ·

Dit is belaglik, al ons afrikanse sangers moet ook nie gaan nie. Die ding moet nou vir eens en vir altyd stop.

PW Kruger ·

Dan gaan ek nou maar my DSTV afsit.
Hoe gaan ek nou my sport kan kyk? Raad asb?

Johan ·

Jy kan “stream” via veselkabel of vinnige koorlose onbeperkte internet maar sportkanale is beperk. Multichoice het hiervoor gesorg. Dis ‘n tipe van lok met die lowwe van die geelwortel.

Riette ·

PW Kruger registreer gratis vir dstv now. Jy kan alles op jou rekenaar of foon kyk. Ek het ook my DSTV gestop.
Salig sonder die geblêr!

Cassie Kruger ·

Jy kan dit stream daar is sport apk’s wat jy kan aflaai en dit so kyk

Wiehan ·

Lankal nie meer DSTV nie. Betaal nie om bollie te kyk nie. Ek stream en is baie gelukkig daarmee. Wil in elk geval nie SA kwotas kyk nie. Ad ek wil sport kyk, kry ek dit op Starsat.

Oupa D ·

Het Multichoice lankal na die maan gestuur. Gebruik net AppleTV en stroom alles. Gaan kyk sport wat ek wil sien in my gunsteling ‘sportsbar’ . Dit werk soos ‘n bom!

Jerry ·

My Multichoice al gekanselleer in Nov 17. Ons praat van R14 400 in my Bank rekening. Moedig mense aan om dit te doen want hulle voel niks vir ons Moedertaal. Skande

Vreemd ·

Jy nodig wifi en rekenaar, ons youtube al ons sport. Jy kry n Kabel van jou rekenaar tot by jou TV en kyk dan op jou TV sport. Werk fantasties, ons kyk ALF en geniet al die ouer programme.

Blommie ·

DIS AFPERS MAN!
Ek gaan ook myne stop, gaan uncapp internet kry en daar kyk net wat ek wil.
#Multichoice must fall

Elzabé Meintjes ·

Ons doen IPTV teen R150 pm. Alle sport beskikbaar. Google dit.

Andrew ·

Ai Herman, dit is nou die strooi van ‘n moderne “joiner” wat jy kwytraak.
Word wakker, onder die regering is Afrikaans se rakleeftyd lankal verby.

Tobie Van Rooyen ·

stap 1; Maak sekker jy het wifi uncapt.
stap 2: Kry n google crome cast of fire stick as jy nie n smart tv het nie.
stap 3; Stream2watch, cricfree, starsat, ….. nog baie internet werwe om te stream. of
stap 4; laai gratis toeps af op jou foon en cast dan die sport, youtube, films, ens na jou tv toe.

Theari ·

Dat een enkele man soveel groot name se broeke laat bewe. Hulle optrede is belaglik en hulle rede dat Steve deel is van die lied nog meer belaglik.

Pop ·

Hoe is dit moontlik dat een man miljoene swart mense so bang kan maak. Ons paar wittes is heel duidelik n bedreiging vir hulle want ons word op elke moontlike manier vervolg. Ek verstaan dit eenvoudig nie.

Leanie ·

Steve word net as ‘n pion gebruik. Dit gaan oor Afrikaans en blankes. Nou is dit die tyd dat ALLE Afrikaans sprekende bymekaar staan en wys dat genoeg is genoeg.

Yolanda ·

DSTV gaan baie kykers verloor hierdeur hulle is rassiste. Sal eerder my programme gratis kyk op my foon. STERKTE STEVE ek staan by jou.

Spikkels ·

Dankie BokRadio dat jul n standpunt inneem teen sulke blatante diskriminasie van ons sangers maak nie saak wat wie of hoe. Ghoema en die persone wat polities korrek te wil wees. SKAAM JULLE. RUGGRAATLOOS. Demokratiese stemme ??? ek wonder. Wel dit is nou ons demokratiese reg om jul nie te ondersteun nie asook Multichoice en kie. Het my Muti Choice DSTV gekanselleer.

Wdl ·

Ek trek sommer kaap toe om bokradio te luister. Geniet hulle. Well done

Rn ·

PW, met al die sportpolitiek en kwotas ens. Wie WIL nog sport kyk???

RN ·

Wdl jy hoef nie eens Kaap toe te trek nie. Jy kan die radiistasie stream deur Internet.

Andreas ·

Waar is die res met yster in hul bloed vir wat reg is? Komaan ouens, die aand is nog jonk en heeldag more lê voor!

Lidia Theron ·

Ek ondersteun vir Steve glad nie in alles wat hy kwytraak nie. Los hom in, ek dink hy gaan ‘n perfekte dimensie aan die musiek gee. Die groot probleem met hierdie mense is dat hulle nog nie geleer het om ‘n kunstenaar en sy kuns van mekaar te skei nie. Steve het ‘n pragtige stem en hy wend dit uitstekend aan.
Dankie Bok Radio dat julle bereid is om op te staan vir dit wat reg is.

Mooi so ·

Mooi so BOK Radio! #Trots!
Hoe kan die res van ons as ondersteuners van Afrikaanse taal en sang die Ghoemas “terug slaan”?
Dit sal fantasties wees as Jukeboks ook kan “terugslaan” deur wel die video te vertoon. Almal wat inbel moet ook vra vir die video. Dit kan vir KykNet ‘n Rubicon gebeurtenis wees.
Ek ondersteun KykNet hoofsaaklik vir Nuus en Binnelanders. As KykNet my dus so in my gesig klap deur die video te verban met so belaglike redenasie, sal meer mense wat soos ek redeneer hulle begin boikot en DStv afskakel, en sal werksgeleenthede by KykNet ongelukkig ook in die slag bly.
Die lied De la Rey het ook mos aanvanklik opdraende gekry, en gewen.

Br ·

Ag praat nou van belaglik. Maar wie is bang nie ons nie. Dankie Bok Radio vir julle standpunt vir ons mense en taal. My vraag is net wat het Steve nog so erg gedoen dat hy nou ń oop teiken is vir almal wat dink hulle het n sê. ANC, EFF en BLF kan sê net wat hulle wil, kyk maar nou net die naweek vir ou Ace, maar dit is aanvaarbaar. Wel al verklaring wat ek het is dat hule vrek bang en jaloers is op Steve. Ek lees op n vorige kommentaar Steve se rak leeftyd is verby ha ha as jy so sê nou hoekom is daar dan soveel wat jag maak op homen hom wil stil.maak, dalk mense soos jy lee blikke maak die meeste geraas

Mitz ·

Ware woorde van Steve #Ons sal dit oorleef. Boikot hulle elke Dstv wat gekanselleer word gaan gevoel word. Wens daar was meer borge soos Bok radio met murg en bloed wat kan opstaan! Saluut Bok radio en Steve, ek het al vele male gesê waar ek nie kan loop sal ek kruip, maar jou sal ek volg, jy is enig in jou soort en staan op vir die Afrikaner en ons reg!

BR. ..Ai ·

Die anc eff blf kan die veral blanke Afrikaners rassisties sleg se soveel hul wil en niks gebeur..Daar staan Steve op vir sy regte en kultuur en se nie eens n kwart so beledigend of rassisties as daai bogenoemde lot nie en en al die liberale wit rugraatlose hipokratiese rugstekers en anti blank nie blankes probeer hom breek en afkraak met mag en mening..Jy sien dit is vryheid van spraak solank dit is wat hul wil hoor. Dit is die punt Herman dit is direk n aanval op Afrikaans en kultuur…
Vir my is dit die blankes wat die meeste seer maak nie die Juliuse en Andiles nie van hul verwag jy dit maar jou eie soort wat jy voor moet passop dit is hulle wat jou die seerste sny..Manteldraaiers…

Ghoema-B span ·

So die kunstenaars wat nie vir afrikaans se punt saam mert @herman gaan opstaan nie, en deelneem, sal bekend staan as die Ghoema B-span/kwota span….welkom in die B-span of kwotas.

Anne-Marie ·

My stem vir bokradio en almal wat “Die Land” sing.

Stebastiaan ·

Dankie BOK RADIO vir jou bydra om ons mense te bevorder. Laat almal wat dstv het dit onmiddelik kanselleer en so hul saamstaan stem uitbring. Ek daag almal wat ‘n ruggraat het om dit te doen!!!!

Koos de Meyer. ·

Boikott die ghoemas as hulle so ruggraatloos wil wees. Dankie bokradio. Trots Suid Afrikaans.

Yolanda ·

Ek sal nooit weer na die ghoemas kyk nie. Sou vanaand gekyk het maar nee dankie stel nie meer belang nie julle is rassiste. Bok Radio hoop ander volg julle ook.

Waarheid ·

En nou pass die hopelose spul die buck!!
Dankie Bok Radio!!

Fm hoeveel Asb? ·

Welgedaaan Bokradio! Ons is baie trots dat jul nie te skaam is en ander pad kyk nie! Wat is jul FM? Ek dink ek sal jul voortaan ondersteun!

Steve.. jy moet sterk staan! Hier is baie van ons wat bankvas agter jou staan! Ek verstaan nie wat jy verkeerd doen nie???

Koos ·

Wonderlik dat Bok Radio opstaan vir mense regte, jammer die afrikaners wat skree en skel sal nie opstaan teen DSTV nie, niemand sal opstaan en soos ek sonder DSTV klaarkom nie. As niemand vir rugby betaal nie is dit gou op n gratis stasie en dit is al wat DSTV aan die gang hou! Selde mense wat dinge wil verander betaal die astronomiese bedrae geld vir DSTV om ons met n monopoly voor te skryf watter kuns ons mag en nie mag sien nie.
Ek het netflix R120pm en is ingeteken op Fox sport sien alle sport wel met NZ kommentaar en VPN maar dit werk en ek spaar. Los DSTV of is jou sport kyk meer werd as jou taal, kultuur of vryheid van spraak? Maak sport jou nou n lafaart? Gesinstyd is baie meer werd as die game in elk geval, gaan jag, vang vis of vat die jinders vir n stap en jou lewe soder dstv sal soveel beter wees en jy baie gelukkiger.

Niel ·

Jy is reg, maar multichoice maak staat op die duurste pakket met sport vir n inkomste. So as die mensts skottel stopsit en via internet op agterpaaie hul sport kyk dan verdien multichoice niks uit ledegelde. Ek kyk lank nie meer rugby nie – my rede – kwotasport…

Cobus ·

Koos die andriod box kos jou R 800 en daarna het jy toegang tot Al die sport oneindige hoeveelheid TV stasies insluitende jou bekendes soos history en fact 3 verskillende weergawes het nie DStv of netfliek nodig nice

madels ·

Al die kunstenaars moet hul ook onttrek om te wys dat hulle geen rasisme ondersteun nie! Indien hulle dit nie doen nie, is hul almal net sulke hopelose papbroeke en maak n “statement” dat hul rasismem, diskriminasie en verdeeldheid ondersteun

Delani ·

You go Bok radio. Van môre AF, is julle in my kar ook!!! Eks soooooooo gatvol vir die rasistiese maatskappye en mense!!!! Julle kan in julle taal doen en SÊ net wat julle Wil, maar ons mense mag nie eers n PRAGTIGE lied sing Nie!!!!!! Julle is belaglik verby!!!! Julle is bang, en glad nie vlug van begrip Nie!!! Julle bemoei julle met dinge wat eintlik niks met julle te maak het Nie. Die Afrikaner sal en het nog altyd bo uit gekom!!!! Steve praat tenminste die waarheid. En julle…… LEUNS!!!! WANT JULLE IS ON INGELIG

Chris ·

Die onttrekking van borgskappe by Afrikaanse konserte en ander geleenthede soos die Ghoemas is net ‘n ander manier om Afrikaans te onderdruk. Steve dien nou net as ‘n lekker verskoning vir onderlangse politieke inmenging in die kunste.

SêMaarNet ·

As mense net sal besef Multichoice maak net die lewe effe makliker omdat jy die gemors kan beheer met n “remote control”. Daar is soveel meer beskikbaar via die Internet. Mense – dis tyd vir ‘n bietjie verandering. Leer om te “stream” via al die menige platforms beskikbaar. Ek is al 10 jaar sonder televisie, en ek mis dit vir geen oomblik nie.

Vryheid ·

Dit is wat saam staan beteken! Multichoice julle dae is getel, slim mense stream hulle TV het nie DSTV nodig nie.

Magda ·

Mooi bokradio. My dstv word ook afgesit . Wys hul wat ons kan doen.Reel n groot konsert vir Steve.

Nonnie Jv Rensburg ·

As julle gedink het die land brand nóú, kyk die dag as onse brawe Steve Hofmeyer die politiek betree!

EB ·

Wel gedaan Bokradio! So bly ek het DSTV al jaar terug vaarwel geroep! So moeg vir al die politieke speletjies ten koste van ons kultuur.

Cassie ·

waneer gaan mense besef dat News 24 Datv Multi choice en huisgenoot almal in die selfde kamp is en teen die Afrikaner Vir jou om jou rugby te kyk kos jou amper R1000 en vir die wat sokker kyk R250
Maar ja ondersteun oindersteun ons mos want sonder rugby is daar nie n lewe nie

Willi ·

Kyk enige sport op ander netwerke. Dit kos nie ‘n sent nie en jy het al die sport wat jou hart begeer lewendig en absoluut gratis 24 uur per dag.

Wiehan ·

En ek wonder wie het oorspronklik Mnet en DSTV gebou tot waar dit so 5jaar terug was. Hallo Denel/SABC/Transnet/Eishkom

Alida ·

Steve het al so baie toekennings dit maak nie saak nie. Hy gaan nou besiger as ooit wees soos die besprekings vir hom inrol regoor die land. Steve bly koning van sfr musieik. Hy en hy alleen verkoop die kaartjies. Dit is oor en oor bewys.

Marilda Schoombee ·

Polities korrektheid is besig om besit te neem v die vryheid van spraak en kreatiwiteit, terwyl die anderkant mag doen en sing en sê wat hul wil! Bravo vir SA demokrasie! Bravo Bok Radio!

Josefine.burmeister ·

Bly so baie staan agter Afrikaans se musiek en agter Steve?

Fielies ·

Ek dink hierdie is ‘n goeie voorbeeld van intimidasie. Skielik word ons almal gedwing om kant te kies. Kom ons wees eerlik. SH is nie ‘n goeie voorbeeld vir Afrikaner/Protestantse voorbeeldigheid nie. Ook nie neo-modernisme/liberlisme nie. Maar kom nou, hierdie herinner aan apartheid se verbanning! Wat myns insiens’n uiters patetiese magsvertoning is. Ek wed egter geen Afrikaanse kunstenaar gaan onttrek van die Ghoemas nie, ook nie sterre wat bywoon nie, WANT ALMAL IS BANG. Behoede tog ons verloor GELD of aansien.

Mitz ·

Goedgedaan Bok radio, vat 5! Dstv en Mnet koebaai. Ek staan agter Steve en gaan Jou AIG ook ondersteun, dis ons Afrikaners wat n verskil kan maak.

Annie Webb ·

35 kommentare, almal VIR Bok Radio behalwe een en paar mense wat eintlik oor sport praat. MOOI, Bok Radio!

Truida Pretorius ·

DANKIE Bokradio . Sal net graag wil weet WIE sit regtig hier agter.

Erick ·

Brittanje. Hulle wil die land weer oorneem ten koste van die Afrikaner. Hulle wil ons almal uit die land he. Hulle is al van Harry Oppenheimer se tyd besig met koverte operasies in SA.

Stoffel ·

Ja Erick, Brittanje behoort eintlik aan die Franse en nou moet die Britte begin soek vir ‘n tuisland.

Naas ·

Multichoice en veral sy huidige eienaar, Nasionale Pers, gaan nie ons maandelikse inskrywingsfooie mis nie. Ek wonder net tot op watter vlak die kortsigtige besluit goedgekeur is. Nasionale Pers probeer al dekades sy geskiedenis van meelopery met die Nasionale Party regering se toepassing van sensuur afskud, maar dit lyk my die perd verander maar moeilik van kleur.

Boemerang ·

Adverteerders sal wel begin kennis neem van kyk patrone.

Bokkie ·

Dit vat tyd om die slag te voel .. aanvanklik nie . maar glo my as hulle adverteerders onttrek gaan dit stadig maar seker agteruit tot hulle ons smeek om vir halfprys terug te kom ..

Gideon ·

Multichoice verteenwoordig dit wat sleg is van die korporatiewe wereld. Dubbele standaarde. Eties? ‘n Grap. Ek het DSTV want ek het nie ‘n ander alternatief nie. Sodra ek het, kanselleer ek dit. Dit gaan nie oor Steve nie. Oneerlik daarby.

Johan ·

Dis net die begin…..Hulle het nou houvas gekry en rede gekry om nog meer afrikaans te onderdruk……multichoice kry politieke druk…..ons gaan meer en meer hiervan sien……..die vraag is wat gaan ons daarom doen?

AW ·

Ek het ook nie DSTV nié !!

En ek het nog nie Dood gegaan of in die Hospitaal beland, as gevolg van Geen DSTV Nié !!

Hoe lank nog….dat Blankes tot die besef sal kom dat daar soveel beter is as net DSTV…….????

Bossie ·

Hel Steve, jy kry nou al die aandag wat jy verdien. Ek lag my morsdood vir hierdie belaglike klomp. Ek kan met reg sê jy is meer binnegoed as bek! ‘n Man van durf en en daad. Inderdaad trots op wie jy is. Hul vrees jou. God loop reg langs jou. Staan sterk!

Lourens ·

Ou Steve hoef nie eens meer te adverteer nie, én die dekking is groter as op plakate.
Dankie Bok radio dat jul standpunt ingeneem het teen hulle besluit.

PJ ·

Sal darem lekker wees as almal wat vertonings sou gegee het net nie opdaag by die ghoemas nie en net so ok die gehoor nie opdaag nie

Ernst Marais ·

DSTV kom uit die Naspers groep wat in sy beginjare swaar van Afrikanersteun afhanklik was.
Noudat hulle nie meer van Afrikaners se goedgesindheid afhanklik is nie, volg dié optrede.

Ek is versigtig vir ondernemings wat Afrikaner nasionalisme gebruik.
Geen waarborg dat hulle nie ook die Naspers pad sal volg nie.

Hallo Bok ·

Ek is nie ‘n Steve fan nie maar magtig, almal boikot hom maar daar loop mense rond wat moord op wittes aanhits en tog word hul gesigte tot vervelens op TV gewys. Dubbele standaarde

Celeste ·

Koop nou al die cd’s op voor dit nie meer op rakke mag wees nie! Saam sal ons staan.

Hans Richardt ·

Steve, op wie se rokkie het jy nou weer koppie tee gemors?
Tyd om af te tree tussen jou eie mense.

Annabel Barnard ·

Jong, gelukkig is daar ander maniere om dstv te sien, jy moet net verder kan dink as wat jou neus lank is, en ook die regte mense ken…. en dit kos niks. Maar elke geval, viva ??!!!!

Ettienne ·

My gevoel is eerder dat Steve dan eerder voluit in politiek moet gaan.
Mede kunstenaars gaan op stadium erg benadeel word omdat borge onttrek.
Ek stem saam met sy sienning en ek is bly dat mense saamstaan. Multichoice,Toyota ens is soos die hond wat sy eie baas (base) byt. Ons geld was goed genoeg vir julle maar ons menings en gevoel tel nie

Steven de Lange ·

Ek sê nie jy lieg nie ou maat, maar wys my jou kansellasie en vertel my van jou planne Môre aand as jy voor die beeldbuisie gaan sit en besef jy het die besigheid laat diskonnekteer? Sommer vir almal wat sê sit dit af? Dankie

Tinus ·

Dis tyd dat Multichoice se monopolie gebreek word, lankal my sport kanale afgesit, volgende is sommer die hele spul , veral as dit teen my gebruik word om hulle kortsugtige manipulasie op my musieksmaak af te dwing

BlinkStephaans ·

Ek sien nognie die hilux bakkies by die tweedehandse handelaars in hul oorvloed staan… maw almal wat geraas gemaak het oor toyota ry steeds met hulle. Nou blablabla julle weer oor multichoice… sal maar moet sien of hul kyker getalle daal. Indien nie is meeste van julle net bek. Maak daardie verskil vir ons taal en neem standpunt in. Maak nie saak wat jy van Steve dink nie… hy is een van die min wat die balls het om sy sê te sê vir ons taal en geskiedenis, en hy doen dit sonder die beskerming van die regering en die gereg soos wat die geval is met die swart geraasmakers. Kom sit nou daad by woord ouens… julle hoef nie jul nek uit te steek soos Steve. Die wit rand hou ñ hele klomp maatskappye wat teen ons gekant is se koffers vol… haal net julle rande uit daar… dis al.

Chrisn ·

Gaan my kaartjies môre oggend kanselleer. Ghoemas julle is lafaards, hoekom nou eers jul besluit aankondig? Hier gaan nog regsaksies kom, maak julle maar reg. Bok Radio dankie vir jul besluit. Ghoemas jul het pas selfmoord gepleeg.

Fred Fourie ·

Klomp verraaiers van die Afrikaner en dit waarvoor ons staan. SIES Multichoice – SIES Media24. Steve, jy moet sterk staan broer – ons wat nasie en taaltrots het staan bankvas agter jou.

Pieter ·

Doen soos ANC in stadsrade en stap uit op die aand sonder waarkuwing.

Francois Muller ·

Ek het al 5 jaar terug my dstv afgesit. Hulle maak geld met ons blankes, want as jy sport wil kyk moet jy die volle pakket vat. Die goedkoop kanale wys al die sport wat ons nie kyk nie. Ghoemas en multichoice is pateties!! Dankie bokradio dat julle opstaan vir Steve. Hoop net die ander sangers doen dieselde en dat hulle nie ruggraatloos is nie. Go Steve!!!!!

Lize ·

Knap gedaan Bok Radio
Hoekom moet ons kultuur en tradisies altyd die hoogste prys betaal.
Wat van die borge van Afrikaans is Groot wat ook hul borgskappe onttrek het.
Dankie vir die organiseerders wat staal in hulle are het en nie geintimideer word deur polotiekery nie.
Kom ons slaam terug
Koebaai DSTV

Danieb ·

Mooi so Bok Radio. Julle het ruggraat. Ek is trots op julle.

Ghoema agteruit ·

Multi choice, Mtn en Toyota julle is my steun ook nou kwyt.

Mag ons kunstenaars nou nie meer vereer word met n toekenning nie?
Ghoema trust en Heidi Edeling julle het die plot nou heeltemal verloor. Dit is totaal absurd.
Bokka Radio en Arnold Coleske ek salute julle!
Sal nooit n ghoema aand bywoon nie al kry ek gratis kaartjies.

Wim ·

ICASA wil die DSTV monopolie op groot sport byeenkomste breek. En soos elke korrupte politikus in Suid Afrika spring DSTV op die wa van “kruisig Afrikaans as rassiste” om punte te wen. Weereens die “white capital monopoly” strategie. Daardie perd is al holrug gery. Hopelik sien die Afrikaners dit raak en kanselleer hulle DSTV subskripsies. Vat die geld en gaan woon die sportbyeenkomste by. Sodoende ondersteun julle die sport, spandeer tyd saam geliefdes en wys DSTV waar David die remote begrawe het.

Cobus ·

PW soos Johan se en met andriod box teen omtrent R 800 gekoppel aan my TV het ek toegang tot 40 sport kanale Beste een is Sky Action Sport wys Al die rugby en dis verniet

Wdl ·

Ek trek sommer kaap toe om bokradio te luister. Geniet hulle. Well done

Die Verlore Skaap ·

Ek het my Multichoice DSTV nounet gestop.
Ek laat my nie intimideer

Helen ·

Als goed en wel maar ek merk daar was nog nie ‘n piep van enige van die Afrikaanse deelnemers in die vorm van hul teesin in hierdie besluite waar Steve alleen as sondebok voorgehou word nie. Ek sal maar my oog op hul hou en in die toekoms geen ondersteuning van enige aard aan hul skenk nie en dit sluit die aankoop van hul vertonings en cd’s in. Want as hul voortgaan met hul shows stem hul met die malligheid saam. Kom MM plaas asb vir ‘n verandering my kommentaar. Dankie

Wildeboer ·

Die tyd het aangebreek dat ons mooi moet kyk wie borg aktiwiteite wat teer op Afrikaners se geld en lojaliteit. Swartlys die borge en boikot die aktiwiteite wat met hulle verbind word. Dit is tyd om terug te slaan.

Ruaan ·

Ek verneem dat corlea, bok, jay, arno jordaan, nicolas louw en bobby van jaarsveld hulle alreeds ontrek het.

Helen ·

As dit waar is dan haal ek my hoed vir hul af en wys dit is hul ernstig oor hul taal en kultuur en om dit te behou vir die toekomstige generasies en nie net geld uit die Afrikaners te maak nie. BRAVO!!

Jax ·

Dstv-loos! Nou net afgesit! Klaar Met die klug! Sal dit in my lewe nie weer aansit nie!
Bokradio het lekker musiek – sal dit luister en lekker gesels en saamsing saam met my gesin.

JoeV ·

Daasy Steve, laat die liberale gespuis homself uitsif! Nog een op die kerfstok!

Hoe sê ·

Stem ja vir springbok rugby
Kan nie glo hierdie volk is nog steeds so bekommerd oor hul sportgod nie jy het jou land verloor oor jou sport

Gert ·

Sit dstv af. Koop net afrikaanse musiek geen ander taal. Geld praat op die einde. Ai is die org. Bang vir een ou.

Se maar net ·

Julle!!!! Ek leef in ‘n kokon!
Ek het waaragtig nog nooit van Bok radio gehoor nie.

Samuel Botha ·

Kom die blanke volk boikot Dstv. As 1000 000 blankes hulle boikot verloor Dstv permaand R1000 000 000 en glo na 6 maande is hulle in selfde booitjie as Eskom.

Kotie Pietersen ·

Dankie Bokradio en Arnold Coleske dat julle opstaan vir Afrikaans.
Go Steve DSTV en ander spul ruggraatlose goed wat bang is wat jy sê ‘n ding soos dit is. Ons staan agter jou en almal wat Afrikaans ondersteun.

Anoniem ·

Daar word geveg teen die afrikaner en dan is daar nog steeds hensoppers wat se wat maak dit saak, Steve se tyd is op. Man word wakker Die Afrikaner se tyd is op wanneer hy sy laaste asem uitgeblaas het en as jy hensopper in sy pad kom dan trap hy jou in die grond in. Stop julle betalings aan multi choise ,stream eerder netflix goedkoper. Multi choice moet onthou dit is die afrikaner wat jou opgerrig het in die tyd van die Republikeinse Pers en dit sal die afrikaner wees wat jou grond toe gaan vat

Anoniem ·

@Se maar net, moenie sleg voel nie ek het ook nog nooit van Bok Radio gehoor nie. Dit wil vir my voorkom asof die Ghoema organiseerders nie besef dat dit nie net Steve Hofmeyr is wat in daardie video optree nie. Wat nou van die ander kunstenaars wat saam met Steve optree in daardie video. ?

HP Hattingh ·

Klaar met DSTV einde van April!
Bly om te sien van die sangers doen ook hul deel…

Kan iemand asb. raad gee oor beste manier om F1, tennis en rugby te kyk d.m.v. vesel?

Ek verstaan jy moet VPN kry en dan by bv. Fox Sport aansluit?

waarheid ·

Ek kan nie wag dat dstv my weer moet bel om te vra of ek nie weer wil aansluit nie!
My antwoord is so gereed!!!
Ons het so ‘n ‘Spur’ op dstv getrek!!

lanie ·

Alles wat vir die afrikaans sprekende mense van belang is word op gefoeter.

pieter ·

Ja luister net bok radio as ek da by my seun hul kuier briljant – my dstv gaan binnekort nog n skok kry kompetisie kom – myne gaan ok waai

corne ·

Nog n rasistiese voorval waarmee wegekom gaan word maar o hel as dit omgekeer was was die hel los en plekke was afgebrand.

Wonder ·

Cobus, kan jy asb in meer detail verduidelik wat is die android box waarvan jy praat, hoe werk dit, is daar ‘n website, hoeveel kos dit maandeliks? Dat ons ander ook v dstv ontalse kan raak asb

SJL ·

Dit raak nou regtig BELAGLIK!!! Einde April kanselleer ek ook my DSTV en sal almal wat ek ken ook aanmoedig …en te hel met Toyota en MTN…respek aan BOK radio..en ek hoop sommer al die benoemdes onttrek ook..sommer ‘n totale boikot!! So siels moeg vir die politiek wat inmeng in ons sport, ons vermaak ens!!…

See perdjie ·

Bravo Bokradio. Herman jy mis die punt. Steve stig n politieke party dan kan jy se wat jy wil soos sommige partleiers en NIKS oorkom nie. Dubbel standaarde. SA skande weereens. Ons Salueer Steve

jakes ·

Welgedaan Bokradio, julle is n bok vir sports. Ek hoop dat juffrou Edeling vanaand die skok van haar lewe sal kry wanneer sy sal sien hoeveel mense boikot die bywoning van die Ghoemas en sluit kunstenaars in. Meshu van Multichoice probeer die septer swaai maar dit werk nie op witmense nie.

GL ·

My dstv is af.

Hulle is openlik pro-swart vir jare al. kompetisies , aandele ens. Bok radio moet net uitbrei dan kan ons almal luister en ondersteun.

kraai ·

Mooi Bokradio. Ons kan eintlik doen sonder DSTV. Steve staan sterk, Jy is nie n slapgat nie. Steve bo……………………………………

MJPL ·

Well done Bok Radio!! Jul het nog altyd gedoen wat reg is en jul ondersteuning vir Afrikaanse Musiek sal altyd ń goeie voorbeeld wees vir wat Afrikaans eintlik beteken vir ons land as Suid-Afrikaners.

Vir die maatskappye wat so teen Steve is, dis jul lost en jul gaan meer kliente verloor!!

Geluk ·

LOVE DIT — DANKIE BOK RADIO . .. JULLE EN ERIC BARNARD MEUBELS was tot nou toe van die MIN mense wat standpunt ingeneem het teen die rassistiese aanslag teen al wat blanke en Afrikaans is .. GOOD FOR YOU!!!

MW ·

Dis ‘n hupstoot 1000 vir al die Afrikaans sprekendes . Al jare sonder konvensionele TV, nog geen gevoel gekry van enigiets gemis nie

J ·

Na 94 is Net 1 kleur alles en wen elke geveg MRK se standpunt het dit bewys.
Penny Sparrow en Vicky Momberg is duidelike bewyse.

Kraai ·

Wens ons kan op Putfontein Bok Radio opvang. Dankie aan Leonie van Radio Oosrand (Ekhurhuleni Oosrand) wat bereid is om vuiste te bal en houe uit te deel vir ons taal.

Mands ·

Wel gedaan Bokradio!!! Steve jys vir hulle ‘n bedreiging want jy staan vir Afriaans en die Afrikaner. Cheers Multichoice/DSTV JULLE sal OOK nie meer my lidmaatskap hê nie.

Attie. ·

Dis nou een ding wat ons nasienooit sal leer nie, om saam te kan staan. Ons is die grootste verbruiker van die duur Tv kanale maar ons weet nie hoe om saam te staan en dit net vir twee maande te stop nie. Die rugby-god keer ons om dit te stop. Baie mense het die spul kanale net vir die kinders se onthalwe en maak in die proses ‘n geslag groot met vierkantige oë. Bridget Bardot het in die sewentigs vrou alleen gemaak dat niemand ‘n egte pelsjas wil dra nie, en die hele pelsbedryf het in duie gestort agv haar. Hier kom Multy Choice het regeer die hele Afrikaner nasie….Skande !!!

Liewe Heksie ·

Van nou af is Bok Radio my stasie, ‘n Bells vir julle!!!!!!!

Net so!! ·

So as multichoice dreig om hul borg te ontrek is dit alles fine maar nou dat Bok Radio ontrek is dit n klap in die gesig regtig waar dubbel standaarde! Pateties man!

lizzi ·

Bok is bo!!! Baie dankie ons luister net Bok Radio en luioster defnitief na Steve, DSTV kan sy kanaal in sy kanaal opdruk vir al wat ons omgee!!

Jacs ·

Bok Radio..
Offisieel die enigste Radio stasie in “Die Land” wat opstaan met Integriteit, Beginsels en Respek vir regverdigheid en Afrikaner gelykheid in n sisteem wat Afrikaans Onderdruk.
Absolute respek.
Dankie Bok Radio

Anna ·

Ek dink dit is nodig dat die name van ALMAL wat aan die “demokratiese stemproses” saam met Heidi Edeling deelgeneem het, bekenk gemaak word.

. . . en na die besluit geneem is het niemand die “guts” om vrae te antwoord daarom verwys Heidi die navrae na kykNET. Op hul beurt weer na MultiChoice – soos hulle in Engels sê : SOMEBODY PLEASE GROW A BACKBONE !!
en neem vir een mal in jou lewe VERANTWOORDELIKHEID en hou op wegkruipertjie speel.

Elsa ·

Nou het ek sommer vir Bok Radio baie repek gekry, al luister ek nooit eens radio nie. Vir Steve het ek die wêreld se respek, want hy het sy nek uitgesteek vir Afrikaans en ons Afrikaanse geskiedenis en hy staan by sy standpunt, al word sy konserte gekanselleer en al knou dit hom seker finansieel ook. Dis dan ook tyd dat ons Afrikaanssprekendes ook ons standpunt duidelik sal inneem en moet ophou om instansies te ondersteun wat vir ons vere voel.

Martin ·

Well done Bok Radio!!!! Ek hoop van harte dat meer mense Multichoice boikot. Ek het hul al lankal gekanseleer en hoop dat baie ander sal volg!

Beter Opsie stream kanale en skakel MC uit.

Anel ·

Mooi so Bok Radio.
Vir almal met GHOEMA kaartjies ………
GAAN GOOI DIT ASSEBLIEF IN DIE JUKSKEI RIVIER!!!!!!!!! @ Steve
“Wens ek het ‘n kaartjie gehad”

Deon ·

Pluimpie vir Bok radio. Gaan so voort. Steve kan sing, het ruggraat, neem standpunt in en bly daarby staan. ‘n Ware Afrikaner. Vroulief het my oor gewen na Bok radio. Vir die manne wat so sport behep is “stream” dit. Hier gaan dit nie oor ‘n kunstenaar alleen nie, maar om die Afrikaner net verder te probeer verneder. Hoe kan ek skaam wees vir die taal wat my moeder my in groot gemaak het? ‘n Taal waarin my broers gesterf het op die grense van die land? Hoeveel kompromieë wil ons nog aangaan?

Hettie ·

Bravo Bok Radio bravo!!!
Dat een man so ‘n menigte ongemaklik kan laat voel??!! Net een het dit voor jou gedoen en doen dit nog steeds Steve, en dis onse Oom Jan. Al van 1652 af… Moenie ophou nie, ons staan bankvas agter jou… En tata Multichoice, ek dink ek het my welkom oor kuier…

Dries ·

Ons betaal in elk geval die belaglike bedrag pm sodat ander sokker kan kyk

Cassie Carstens ·

Trots op BOK Radio en Steve HOFMEYR!! Mense wat dink sy tyd is uitgedien, weet nie waarvan hulle praat nie.

Jeremia ·

Die ou Romeinse gesegde: brood en spele was gemik daarop om die massas tevrede te hou. In Suid-Afrika is dit sport en spele om die massas te sus.
Sport en spele het alles onder ons laat uitgly.
Te véél klem op sport het ons waar ons is.
Diegene wat gespeen raak van sport en sport op televisie sal begin agterkom wat regtig aangegaan het die land en wêreld.
En ja, ek is nog altyd en steeds ‘n Steve aanhanger.

Sontie ·

Ek wag in spanning om van ons ander Afrikaanse sangers en sangeresse te hoor? Hul is tjoepstil. Juanita, Theuns, Joe, Snotkop en so kan ek aangaan? Gaan julle ghoemas toe? Indien wel sal nie een enkele sent uit my huishouding ooit weer in jul rigting gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.