Bokser wag nog op polisie

Dingaan Thobela Foto: africa.widmi.com

Dingaan Thobela Foto: africa.widmi.com

Die voormalige wêreldkampioen, die bokser Dingaan Thobela, sê hy wag twee maande ná ʼn inbraak by sy huis nog steeds om iets te hoor van die polisie.

“My seun het tydens ʼn uitkenningsparade een van die mans identifiseer,” het Thobela aan Sapa gesê. “Ek het sedertdien nog nie weer iets van die ondersoekbeampte gehoor nie.”

Dingaan, wat ook as die “Roos van Soweto” bekend staan, het die saak by die Sandton-polisiestasie aangemeld nadat inbrekers in Desember 2013 op sy huis in Kelvin, Johannesburg, toegeslaan het. Die diewe het televisiestelle, juwele en ander huisware gebuit.

Thobela se 17-jarige seun is glo hardhandig behandel toe hy vir hulle ʼn kluis moes oopsluit. Hy was in daardie stadium alleen by die huis. “Hy is nog steeds getraumatiseer. Hy wil nie alleen in die huis bly nie,” het Thobela gesê.

Die polisie in Sandton was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JB ·

Polisie is NOOIT beskikbaar nie, wat nog v ” nie dadelik beskikbaar nie”!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.