Bokskampioen Gerrie Coetzee vrygespreek

Argieffoto.

Die voormalige swaargewigbokskampioen, Gerrie Coetzee, is vrygespreek op ʼn aanklag dat hy nie homself as ʼn tandtegnikus geregistreer het nie.

Landdros Mogamad Esau het Coetzee (58) Woensdag in die Kaapstadse landdroshof vrygespreek op grond daarvan dat daar nie genoegsame bewyse teen Coetzee was, wat daarop dui dat hy ʼn ongeregistreerde kunsgebit-onderneming bedryf het nie.

Coetzee, wat in Table View woon, is beskuldig dat hy in Oktober 2010 valstande vervaardig het sonder dat hy by die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Raad geregistreer is.

Die staat het ʼn registrateur van die raad laat getuig dat die raad gesê het hulle kon geen formele sertifikaat vind wat bewys dat Coetzee as ‘n tandtegnikus geregistreer is nie. Coetzee se verdediging het gesê hy is gekwalifiseer, maar het sy dokumentasie verloor.

Die bokslegende het die wêreldboksvereniging se titel in 1983 gewen. Hy het ‘n dekade later uit boks getree.

Lees ook:
Oud-bokser daag nie by hof op nie
Vuishou vir oud-bokser oor valstande

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.