Die bokslegende, Ken Norton, sterf

Hanging Boxing Glovesʼn Voormalige bokskampioen, wat beskou word as een van die grootste swaargewigte van sy era, is gister oorlede.

Volgens dié kampioen, Ken Norton, se vriend en bestuurder, Patrick Tenore, is Norton Woensdagmiddag (Amerikaanse tyd) weens ʼn hartaanval by ʼn sorgsentrum in Arizona dood. Hy was 70 jaar oud. Norton het verlede jaar ‘n beroerte gehad.

Gedurende sy boksloopbaan het hy ‘n rekord van 42 oorwinnings gehad. Hy het slegs sewe gevegte verloor, was gelykop met een, en het gesorg vir 33 uitklophoue.KEN NORTON RIV

Norton is veral bekend vir sy geveg teen Muhammad Ali wat hy in 1973 geklop het. Hy het in die geveg Ali se kakebeen gebreek. Hier volg ʼn video wat ter nagedagtenis van Norton op YouTube gelaai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.