Bolhuis het verdagte in Delmas-wurgmoord

Nagwaak vir Wiehan Botes en sy dagmoeder. Lees meer hier.

Wiehan Botes Foto: Facebook

Private ondersoeker Mike Bolhuis is Woensdagmiddag deur die Botes-gesin aangestel om saam met die polisie die moord op hul 5-maandeoue baba te ondersoek.

Bolhuis het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat Wiets en Rita Botes sy maatskappy as spesialiseenheid aangestel het om die saak te ondersoek. Volgens Bolhuis is die tuinjong van die vermoorde dagmoeder, Magrietha de Goede (66), tans ʼn verdagte in die saak en dat die polisie hom help om die tuinjong op te spoor. Bolhuis het ook bevestig dat waardevolle juwele uit die huis gesteel is. Hy vermoed dat die 18-maandeoue dogtertjie wat ongedeerd van die voorval afgekom het, aan die slaap was terwyl die moorde plaasgevind het.

Kol. Hlathi van die polisie kon nie op die oomblik verder kommentaar lewer nie.

Bolhuis het versoek dat enigiemand met inligting die ondersoekbeampte by 082 370 0899 sal skakel.

Klik hier om meer besonderhede oor die voorval te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.