Bom-aanval: Pa sê oorlewende voel skuldig

Betogers in Sudan in oproer oor ‘n rolprent wat die spot dryf met die profeet Mohammed. Foto: AFP

Die pa van ‘n man wat die ontploffing in Kaboel oorleef het, sê sy seun voel skuldig omdat hy oorleef het.

Agt Suid-Afrikaners is Dinsdag dood toe ‘n vrou ‘n selfmoordbom op ‘n bus laat ontplof het. Die aanval was glo uit weerwraak oor ‘n rolprent wat die spot dryf met die profeet Mohammed

Robert Relnic sê sy seun werk vir ACS Balmoral. Die slagoffers was in diens van dieselfde maatskappy. Die vlieënier het aan sy pa gesê dat hy minute voor die bom ontplof het, afgeklim het. “Hy blameer homself dat hy van die bus afgeklim het, want een van die slagoffers sou dan glo steeds gelewe het,” het Relnic gesê. Volgens Relnic sal sy seun binnekort huis toe kom.

Intussen probeer owerhede die slagoffers identifiseer. ACS Balmoral sê hulle kan nie die name bekend maak voordat hulle die inligting bevestig het nie.

‘n Plaaslike groep het glo reeds verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar.

Verskeie betogings word in die Arabiese wêreld oor dié rolprent gehou.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.