Winkels by die spoggerige Lynnwood Bridge-winkelsentrum in die ooste van Pretoria moes Vrydagoggend ná ʼn vals bomdreigement ontruim word.
ʼn Werknemer by die sentrum het ʼn omstreeks 09:30 ʼn oproep ontvang wat gesê het dat daar ʼn bom in die sentrum was.
Luitenant Linda Jerling, ʼn polisiewoordvoerder, het egter aan Maroela Media bevestig dat die dreigement ʼn vals alarm was. “Die polisie se bomeenheid was kort daarna op die toneel maar kon niks vind nie. Die sentrum is omstreeks 11:00 veilig verklaar,” het sy gesê.
“Die polisie neem vals bomdreigemente baie ernstig op. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om die persoon wat die oproep gemaak het, op te spoor. ”