Bomdreigement by Wes-Kaapse hooggeregshof

Wes-Kaapse hoogeregshof

Die Wes-Kaapse hooggeregshof is Woensdagoggend weens ʼn bomdreigement ontruim.

RSG berig die polisie se bomeenheid is tans op die toneel met snuffelhonde. Strate rondom die hof is ook gesluit. Volgens die polisie is die dreigement glo by hof 4 gemaak. George “Geweld” Thomas, die beweerde leier van die 28’s-bende, is deel van die verhoor van een van die grootste bendesake. Dié saak word tans in hof 4 aangehoor.

Anni Dewani se moordsaak en die Fidentia-bedrogsaak word ook tans in die hooggeregshof aangehoor.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.