Bomontploffing ruk VN-gebou in Nigerië

@felixpace het die foto op Twitter geplaas.

Daar word berig dat minstens 10 mense dood is nadat ʼn bomontploffing Vrydagoggend die Verenigde Nasies (VN) se kantore in die Nigeriese hoofstad Abuja geruk het.

Volgens die BBC is die grondvloer van die gebou erg beskadig en is nooddienste steeds besig om liggame uit die gebou te verwyder. Volgens ooggetuies was daar ʼn harde slag en het swart rook uit die gebou begin borrel. Volgens ʼn VN-beampte is talle mense wat in die kelder van die gebou as dood. Talle mense is glo ook in die gebou vasgekeer. Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Die stad het die afgelope ruk onder aanvalle van Islamitiese millitante groepe deurgeloop. Die VN se gebou is naby aan die Amerikaanse ambassade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.