Twee foto’s van Carter volg onderaan die berig. Graeme Smith en sy vrou, Morgan, se tweede babatjie is Maandagoggend gebore.
Die krieketspeler en kaptein van die Proteas, het die nuus op Twitter met sy aanhangers gedeel. Die seuntjie, Carter McMorrin Smith, het 3,2kg met geboorte geweeg. Volgens Graeme gaan dit goed met ma en baba.
Graeme en sy vrou, Morgan Deane, ‘n Ierse sangeres, is in Augustus 2011 by St Bernard-katolieke kerk in Claremont, Kaapstad, getroud. Hul eerste dogtertjie, Cadence Christine Smith, is op 25 Julie 2012 gebore.
Die derde paragraaf moet tog seker lees Graeme en sy vrou is getroud nie Graeme se vrou nie
Baie oulik! Graeme lyk maar bra onhandig in die boonste foto! :)