Boom val man dood

ʼn Man (in sy 40’s) is dood ná ʼn boom Donderdag by Lenasia in Johannesburg op hom geval het, het paramedici gesê.

Nog ʼn persoon het ligte beserings opgedoen nadat hy deur ʼn paar takke getref is, het Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24 gesê. Dié man is na die Lenmed Privaathospitaal afgevoer. Die mans was glo besig met werk langs die spoorwegkruising in Lenasia. Die boom is glo deur ʼn stormwind ontwortel en het toe op die man geval. ʼn Hewige reënbui het daarna losgebars oor die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.