Boot steeds in ligte laaie in Kaapse hawe

Die brandweer in Kaapstad sukkel steeds om ‘n vuur te blus wat glo Vrydagaand op ‘n Sjinese vissersboot by die Duncan Dock hawe in Kaapstad uitgebreek het.

Woordvoerders sê die brand het blykbaar in ‘n kompartement ontstaan waar karton en nette gestoor word. Theo Layne, woordvoerder vir Kaapstad se brand- en reddingsdienste, het gesê die skip is steeds ‘n moontlike gevaar en hulle is daadwerklik besig om die brand so gou as moontlik te probeer blus. Hulle het Sondag steeds probeer om die brand te blus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.