Hannelie Meintjies van Pretoria het Saterdag amptelik haar prys, ‘n vierdag-bootreis vir twee ter waarde van R15 000, by AfriForum se jaarlikse musiekfees by die Voortrekkermonument in Pretoria in ontvangs geneem.
Deelnemers aan die verskeie nominasie- en stemrondes in die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog het die kans gestaan om dié wonderlike prys te wen.
Hannelie en haar man, Christo, vaar van 4 tot 7 Februarie 2014 op die Jukebox-bootreis op die MSC Opera saam met verskeie Afrikaanse kunstenaars, insluitend Pieter Koen, Juanita du Plessis en Adam Tas na die Portugese Eiland.
Adam Tas het die prys by die musiekkonsert aan Hannelie en haar man oorhandig.
Klik hier om meer te lees oor die prys en wat Hannelie oor die veldtog te sê gehad het.
Klik hier om meer te lees oor AfriForum se musiekfees.