Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueel-saak

Kirsty Theologo (18) is dood nadat sy na bewering aan die brand gesteek is tydens 'n beweerde sataniese ritueel.

Die borgaansoek van twee van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle twee meisies aan die brand gesteek het tydens ʼn beweerde sataniese ritueel, word Donderdag voortgesit.

Lester Moody (18) en Jeremy King (18) se borgaansoek is Woensdag uitgestel. Die ander drie verdagtes, Lindon Wagner (21), Robin Harwood (18) en Harvey Isha (23) se borgaansoek is tot 18 November uitgestel. Die vyf mans word aangekla van moord en poging tot moord nadat hulle glo die 18-jarige Kirsty Theologo en haar 14-jarige vriendin vasgemaak en aan die brand gesteek het tydens ʼn beweerde sataniese ritueel. Theologo het sowat ʼn week na die voorval aan haar wonde beswyk. ʼn Familievriendin van die twee meisies het Woensdag in die hof getuig dat Moody en King aan haar gesê het hulle wou Theologo aan Satan offer soos in Openbaring beskryf word. Dié 16-jarige meisie word saam met die vyf mans aangekla. Theologo, haar 14-jarige vriendin en die ses beskuldigdes het glo op 21 Oktober by die koppies agter The Glen-winkelsentrum bymekaargekom. Theologo is glo later met petrol gegooi en aan die brand gesteek. Haar vriendin het ook glo aan die brand gesteek terwyl sy Theologo probeer help het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.