Borgtog-versoek om seks te hê

Gareth de Nysschen Foto: Matthew Baloyi, IOL http://www.iol.co.za/news/crime-courts/dave-sheer-boss-gets-strict-bail-conditions-1.1552545#.Ulz9D1Bmim4

Gareth de Nysschen Foto: Matthew Baloyi, IOL http://www.iol.co.za/news/crime-courts/dave-sheer-boss-gets-strict-bail-conditions-1.1552545#.Ulz9D1Bmim4

Gareth de Nysschen, een van die mans wat daarvan beskuldig word dat hy militêre ammunisie gesteel en verkoop het, het versoek dat sy borgvoorwaardes verslap word sodat hy seks kan hê met sy meisie, het die Star Dinsdag berig.

De Nysschen het Maandag saam met sy medebeskuldigde, Efthimios Demis Karamitsos in die Lenasia-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle handelgedryf het met meer as 200 000 rondes ammunisie, wat glo by die 21 SA Infanterie-bataljon buite Lenasia gesteel is.

Volgens die berig het De Nysschen vroeër aan die hof verduidelik dat hy by sy meisie moet intrek wat emosionele ondersteuning aan hom wil bied. “Ek is effektief in huisarres en word verhoed om ʼn normale seksuele verhouding met my meisie te hê weens ʼn gebrek aan privaatheid,” het De Nysschen gesê.

Staatsaanklaer Mienke Erasmus het aan landdros Syfred Mati gesê dat De Nysschen se aansoek ligsinnig is.

Die hof het ook gehoor dat De Nysschen se regspan die inligting in ʼn ondersoekbeampte se beëdigde verklaring ontken dat sy meisie deur sy prokureur as “ʼn giller” beskryf is.

Advokaat Martin Hood het aangedui dat hy skadevergoeding teen die ondersoekbeampte gaan instel. Prokureur Laurance Hodes het die staatsaanklaer daarvan beskuldig dat die saak “gesensasionaliseer” word vir die media.

De Nysschen woon tans saam met sy oom in Boksburg.

Die hof sal volgende week uitspraak lewer.
-SAPA

Lees ook:
“Gesteelde” weermag-ammunisie: Beskuldigdes in hof
Klopjag op banke se transito-maatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hannetjie ·

Nee regtig ek het seker nou als gehoor! Die man se inteligensie sit sekker in sy broek ? Hy moet maar uithou en aanhou want regtig het hy gedink dit regverdig sy borgaansoek .Dit moes hy besef het wat sal gebeur as hy gevang word.”Don’t do the crime if you can’t do the time” . Wakker word broer jy so oppervlakig soos my swembed wat ek nie het nie!

Jasper ·

Seks buite die huwelik arf arf. Hou jou in ou “hings ding”.

Mossie ·

Wel jy moet dalk ietwat meegevoel hê met die ou. Die enigste seks wat hy klaarblyklik in die toekoms gaan kry gaan nie vreeslik sensueel of konsensueel wees nie.

SLANGTONG ·

IN HUISARRES????????????????????EN SOEK PRIVAATHEID VIR SEKS???????????JOU GRAPJAS!!!!!!!!!!!!!!!!!!! IN DIE TRONK-SELLE IS DAAR GEEN PRIVAATHEID NIE!!!!!!!!!!!!!!!!DAAR KRY JY JOU SEKS “TYDIG” EN “ONTYDIG” MET JOU “ROOM-MATES”!!!!!!!!!!!!!!!!!WEES BLY JYS NIE IN ‘N TRONKSEL NIE JOU ONDANKBARE KRIMINEEL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.