Borgtog vir Boeremag-lid

Boeremaglede en hul prokureurs in die hof Foto: Barry Bateman, EWN

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Maandag borgtog toegestaan vir ‘n Boeremag-lid wat 10 jaar lank gevange gehou is terwyl die hofsaak voortgeduur het.

Regter Eben Jordaan het al 20 verregses skuldig bevind aan hoogverraad na die uitgerekte hofsaak. Dié 10 jaar is glo voldoende vir Van Wyk se klein bydrae wat hy in die staatsgreep gespeel het, het Jordaan gesê. “Alhoewel hy as ‘n swak Boeremag-lid beskou word, word hy steeds deur die ander lede in die groep respekteer,” het hy gesê. Jordaan het egter bygevoeg dat getuienis daarop dui dat Van Wyk deur ‘n polisie-informant by die staatsgreep betrek is, berig EWN. Hy is op R15 000 borgtog met streng voorwaardes vrygelaat. Dié rekenmeester het reeds ‘n pos vir homself verseker. Die hof sal nou argumente aanhoor voor uitspraak gelewer word. Die Boeremag-lede is inhegtenis geneem oor ‘n staatsgreep wat hulle teen die ANC-regering beplan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.