Borgtog vir W-Kaap-vrou wat geld verduister

geld 2ʼn Ma van drie kinders is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat sy van geldverduistering aangekla is.

Najwa Taliep (49) was die bekende afslaer, Julius Buchinsky (nou 83) se persoonlike assistent.

Taliep, wat vroeër op ʼn waarskuwing vrygelaat is, het voor landdros Sabrina Sonnenberg in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaad-hof verskyn. Sy het Taliep verlede week skuldig bevind op 631 aanklagte van bedrog. Taliep het R961 081 oor ʼn tydperk van twee jaar van Buchinsky verduister.

Die borgtogvoorwaardes sluit in dat Taliep die vonnisverrigtinge moet bywoon, haar paspoort aan die polisie moet oorhandig en nie die Wes-Kaap mag verlaat sonder die ondersoekbeampte se toestemming nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.