Die ses mans wat aangekla word van die moord op die kunstenaar Cornelius Bosch is Vrydagoggend vrygelaat nadat die aanklagte teen hulle teruggetrek is in die Pretoria landdroshof.
Landdros Bernard Swart het die mans vrygelaat nadat die staatsaanklaer, Hanna Conradie, aan die hof gesê het dat die direkteur van openbare vervolging besluit het om die saak teen die ses mans terug te trek weens ʼn gebrek aan bewyse. Die ses beskuldigdes was Schabir Mohammed, Abraham Rabie, Delgado Swartz, Llewellyn Lottering, Lee Maggie en Bosch se persoonlike assistent Christoffel Potgieter. Bosch is op 24 Februarie as vermis aangemeld. Sy verkoolde liggaam is dae later in ʼn veld naby sy huis in Kameeldrift gevind. Drie van die mans, Rabie, Lottering en Maggie sal nou tereg staan op aanklagte van diefstal.
Skokkend ! Waarom was daar nie genoegsame bewyse nie ? Iemand het nie sy werk gedoen nie !