“Bose” man met klippe doodgegooi

ʼn Man is met klippe doodgegooi nadat hy glo sy ma se huis afgebrand het.

Nlanhla Dlamini (46) is Saterdag na bewering deur inwoners van Elandskop, buite Pietermaritzburg, doodgegooi.

Familielede het geglo dat Dlamini deur bose geeste beset was, berig The Witness. Dlamini het voorheen probeer om sy ma met ʼn mes te steek, waarna die gesin ʼn beskermingsbevel teen hom gekry het.

“Hy het Saterdag sonder ʼn uitnodiging by sy ma se huis opgedaag,” het een van die familielede gesê. “Hy het drie huise afgebrand voor hy van die eiendom verwyder is.” Ontstoke inwoners het hom kort daarna met klippe doodgegooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae