Boshoek-brand eis lewe

‘n 56-jarige man is dood nadat ʼn brand Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn gebou in Boshoek in Noordwes uitgebreek het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die gebou in ligte laaie gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Een persoon was reeds dood, twee ander persone het matige beserings opgedoen. Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

Die name van die slagoffers is nog nie bekend gemaak nie. Die oorsaak van die brand word deur die plaaslike brandweer ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.