Boshof-pa van bloedskande verdink

boeie 2‘n Pa van Boshof in die Vrystaat wat van bloedskande verdink word, is Maandag borgtog geweier en na die hof vir seksuele misdrywe in Bloemfontein verwys. OFM berig die beweerde misdaad het oor verskeie jare plaasgevind.

Die pa, wie se identiteit nie bekend gemaak mag word nie om sy dogters se identiteite te beskerm, het glo drie kinders by sy 26-jarige dogter verwek. Een van dié kinders is onlangs dood.

Sy ander dogter is 21 jaar oud.

Die pa is in April vanjaar aangekeer nadat die polisie op ‘n wenk van die gemeenskap reageer het.

Phaladi Shuping, ʼn woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die pa sal op 18 September in Bloemfontein onder meer tereg staan op twee aanklagte van verkragting.

Bron: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Willy ·

Skiet dood die stuk skuim! Siek!! siek!! Borgtog geweier! Werk dit nog so in hierdie regstelsel?
Wel dis goeie nuus.

Stoere Boer ·

Bly borgtog is uiteindelik geweier. Gooi asb net die sleutel nou weg. En vir die wat so opkom oor ons die swartes barbare noem hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n wit barbaar. So ek wag nou dat julle ons gaan aanvat oor ons hom ook beledig.

Trippie ·

Jy het my OPDUIM !

Dis vir my baie ontstellend dat hy selfs DRIE kinders by sy eie bloed en vlees verwek het.

Ek is regtig NAAR !!!!

Fransina Kloppers ·

Hierdie barbare moet regtig ontman word, ek glo dit sal die einde wees van verkragtings

Trippie ·

Seg Net, as dit my pa was, het ek hom SOWAAR VERMOOR ! Al sou dit nie kaalhand wees nie, maar vrek sal hy vrek !

Waaksaam ·

Borgtog geweier vir ryp …. maar die wat moor kry borgtog … oe eh eh ! gaan my verstand te bowe.

Wilna ·

Ek se ook gooi weg die sleutel, maar my ander vraag is dit: Die dogter is nou al 26, kon sy nie al lankal self iets gedoen het nie? Hoekom moet die gemeenskap dit doen? Of was sy heeltemal ge’brainwash”? Ons sal seker nooit weet wat die regte waarheid is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.