Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê die twee toeskouers is vir geringe beserings behandel. Hy het ook bevestig dat 28 Suid-Afrikaanse atlete aan die marathon deelgeneem het.
Maroela Media het vroeër berig minstens drie mense is dood en meer as ʼn 100 beseer na twee ontploffings gister naby die eindstreep van die Boston-marathon. Dit is intussen bekend gemaak dat ‘n 8-jarige kind een van die is wat gesterf het. Die aantal beseerdes staan tans op sowat 140. Die ontploffings het gister 21:00 Suid-Afrikaanse tyd plaasgevind. Die eerste ontploffing was glo sowat 25m van die eindstreep terwyl die tweede ontploffing sowat 15 sekondes later en ʼn blok verder plaasgevind het.
Klik hier om foto’s en ʼn video van die ontploffing te sien.
Lees ook:
Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad
Derde ontploffing nie verwant aan Boston-marathon
Boston-marathon: SA’ners wat glo deelneem
Boston-marathon: Derde ontploffing bevestig
Foto’s en video: Ontploffings by Boston-marathon