Dzhokhar Tsarnaev (19) is steeds soek nadat sy broer Tamerlan Tsarnaev (26) Vrydagoggend dood is. Hy was glo in ʼn botsing betrokke nadat hy geskiet is en hy is later in die hospitaal dood. Die drama het ontvou nadat die broers glo Donderdagaand ‘n polisiebeampte by die Massachusetts Instituut van Tegnologie (MIT) in Boston doodgeskiet het. Die broers het glo hierna ʼn motor gekaap waarna die polisie hulle agterna gesit het en ʼn skietgeveg uitgebreek het. Tamerlan is raakgeskiet en is later in die hospitaal oorlede. Daar was glo plofstof aan sy liggaam vasgemaak. Sy broer het ontsnap en is steeds soek. Verskeie woonbuurte is intussen afgekordon in die polisie se soektog na die verdagte. Inwoners van talle buurte is gevra om binnenshuis te bly en pendelaars wat by trein- en busstasies gewag het, is gevra om waar moontlik van privaat vervoer gebruik te maak en onmiddellik huiswaarts te keer. Talle ondernemings het hulle deure gesluit.
Daar word intussen berig dat die Tsarnaev-broers al jare lank in Amerika is nadat hulle van Chechnya in Rusland geïmmigreer het.
Lees ook:
Boston-ontploffings: Vermeende verdagte dood
Polisieman by Boston-kampus doodgeskiet
Foto en video: Verdagtes in Boston-bloedbad
Boston-marathon: Drukpotte as bomme gebruik
Nuuskommentaar: Bloedvergieting in Boston – Internasionale perspektief
Boston-bloedbad: SA beseerdes was toeskouers
Vrae oor Boston-ontploffings
Twee Suid-Afrikaners beseer in Boston-ontploffing
Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad
Derde ontploffing nie verwant aan Boston-marathon
Boston-marathon: SA’ners wat glo deelneem
Boston-marathon: Derde ontploffing bevestig
Foto’s: Ontploffings by Boston-marathon