Die polisie in Boston sê daar was pas ‘n derde ontploffing in die stad, ná twee ontploffings by die eindstreep van die Boston-marathon waarin ten minste twee mense dood en talle ander beseer is.
Edward Davis, kommisaris van die polisie, het gesê owerhede is nog nie seker of die ontploffing by die JFK-biblioteek aan die ander ontploffings gekoppel kan word nie, maar hulle hanteer die situasie asof dit alles aan mekaar verbind is. Davis sê niemand is in die derde ontploffing beseer nie. Hy doen ‘n beroep op mense om in hul huise te bly en nie in groot groepe saam te drom nie.
Die polisie het nog nie bevestig of die ontploffings deel is van ‘n terroriste-aanval nie, maar plaaslike media berig dat nog toestelle opgespoor is. President Barack Obama is dadelik van die voorval in kennis gestel, en sy administrasie is tans in kontak met die staat en plaaslike owerhede. Obama het Tom Menino, burgemeester van Boston en Deval Patrick, goewerneur van Massachusetts, geskakel om sy medelye te betoon en kommer uit te spreek vir die beseerdes en hulp aan te bied.
Die ontploffing het reeds ‘n invloed op die Amerikaanse mark gehad, en die Dow en die S&P is 500 punte laer.
Hulle het ‘n verdagte in aanhouding – Moslem man in sy 20’s
http://www.nypost.com/p/news/national/authorities_under_suspect_guard_y2m8cJO29uC2PDGIjYBalO