Boston-marathon: SA’ners wat glo deelneem

Foto van die ontploffings by die Boston-marathon Foto: Twitter

Agtien Suid-Afrikaners het vir die Boston-marathon vir hierdie jaar ingeskryf. Dit is nog nie bekendgemaak of enige Suid-Afrikaner in die ontploffings beseer is nie.

Twee ontploffings, wat binne enkele sekondes van mekaar afgegaan het, het die gewilde Boston Marathon in Amerika tot stilstand gedwing. ‘n Derde ontploffing het net daarna by die JFK-biblioteek plaasgevind. Klik hier vir meer inligting en foto’s oor die aanvanklike twee ontploffings. Klik hier vir inligting oor die derde ontploffing.

Ons stel dit weereens duidelik dat dit slegs die persone is wat vir die wedren ingeskryf was. Ons kan nie bevestig dat die persone wel aan die wedren deelgeneem het nie. Dit is ook nog nie duidelik of enige Suid-Afrikaners beseer is nie.

Runner’s World het pas op Facebook bevestig die volgende Suid-Afrikaanse atlete is definitief veilig (ons sal verdere inligting opdateer sodra ons dit ontvang):
Caroline Lee (48) van Aucklandpark
Georgina M. Thomas (47) van Port Elizabeth
Rene Kalmer (32) van Roodepoort
Lindsey E. Parry (35) van Sandton
Ernst F. van Dyk (40) van Paarl
John R. Woodnutt Sr. (60) van Johannesburg
Salih Solomon (32) van Kaapstad

Ons wag nog vir terugvoer oor die volgende atlete:
Wayne Bartlett (53) van Maraisburg
Jason Bell (39) van Kaapstad
Lance B. Corbett (44) van Umhlanga Rocks
Jonti Daniel (45) van Port Elizabeth
Christopher S. Darke (44) van Port Elizabeth
Adrian J. Lazar Adler (33) van Maroeladal Ext
Kirsten Leemans (41) van Bryanston, Sandton
Michael G. Meeser (48) van Kyalami
Raymond A. Meyer (65) van Durban
Gregory Scorer (50) van Secunda
Errol Shear (56) van Johannesburg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.