Boston-ontploffings: Vermeende verdagte dood

Foto: FBI

Vrydagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) se skietvoorval en ontploffing by die Massachusetts-instituut van Tegnologie (MIT) waartydens ʼn polisiebeampte dood is, hou glo verband met die twee ontploffings wat Maandagaand tydens die Boston-marathon plaasgevind het.

Volgens ʼn plaaslike televisiekanaal is een verdagte, wat met Maandag se ontploffings verbind word, ná Vrydag se voorval vasgetrek tydens  ʼn wilde jaagtog deur Boston se strate. Die verdagte was glo in ʼn botsing betrokke nadat hy geskiet is en is later in die hospitaal dood.

Die soektog na die tweede verdagte duur nog voort. Die polisie het studente en inwoners van Watertown versoek om binneshuis te bly, en om nie hul deure vir vreemdelinge oop te maak nie. Hulle het ook motoriste versoek om vir niemand stil te hou of om mense op te laai nie. Die gebied is afgesper in ʼn poging om die verdagte te vind.

“Ons soek na die verdagte wat die wit pet dra,” het ʼn polisiebeampte aan die media gesê. Dié verdagte is een van twee wat op foto’s verskyn wat deur die FBI vrygestel is.

Lees ook:
Polisieman by Boston-kampus doodgeskiet
Foto en video: Verdagtes in Boston-bloedbad
Boston-marathon: Drukpotte as bomme gebruik
Nuuskommentaar: Bloedvergieting in Boston – Internasionale perspektief
Boston-bloedbad: SA beseerdes was toeskouers
Vrae oor Boston-ontploffings
Twee Suid-Afrikaners beseer in Boston-ontploffing
Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad
Derde ontploffing nie verwant aan Boston-marathon
Boston-marathon: SA’ners wat glo deelneem
Boston-marathon: Derde ontploffing bevestig
Foto’s: Ontploffings by Boston-marathon

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.