Botha van Oscar-saak verwyder

Hilton Botha Foto: www.capitalbay.com

Ao. Hilton Botha van die polisie is as hoof ondersoekbeampte in die moordsaak teen die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, verwyder.

“Die ondersoekspan sal nou lt.gen. Vineshkumar Moonoo, afdelingskommissaris van speurdienste, gelei word,” het Riah Phiyega, nasionale kommissaris van die polisie, gesê. “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens posisioneer homself vir die langtermyn ondersoek in die saak.”

“Gegewe die belangrikheid en erns van die saak, het ek besluit om hierdie belangrike ondersoek onder die leierskap van lt.gen. Moonoo te plaas.”

Die polisie het vroeër bevestig dat Botha in sewe sake van poging tot moord ondersoek word. Phiyega sê haar kantoor was bewus van die gebeure wat in 2011 plaasgevind het, en waaraan Botha verbind word. Die klagtes teen Botha is vroeër voorlopig deur die Nasionale Openbare Vervolgingsgesag (NPA) teen Botha onttrek.

“Totdat die aanvanklike ondersoek afgehandel is, is die die NPA genader om ‘n besluit te maak. Uitsluitsel is gister [Woensdag] ontvang en dit het tot dié aankondiging gelei,” het sy gesê.

Die polisie het vroeër gesê Botha het glo skote op ‘n minibus afgevuur terwyl hulle die voertuig probeer aftrek het. Daar was sewe mense in die voertuig.

Pistorius word van die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, aangekla. Sy het verlede week in ‘n skietvoorval in sy huis gesterf. Hy ontken dat hy haar met voorbedagte rade geskiet het, en voer aan dat hy gedink het daar was ‘n inbreker in die huis. Botha het, as ondersoekbeampte in die saak, hierdie week teen Pistorius in sy borgaansoek getuig.

Lees ook:
Oscar wou Reeva se lewe red
Oscar: “Bewyse dui nie op moord”
Oscar: Meer inligting oor vrou se “geestelike toestand”-mosie
Oscar: Vrou verras met mosie oor Oscar se ‘geestelike toestand’
Oscar: Ondersoekbeampte nie in hofsaal
Oscar: Nike SA onttrek amptelik as borg
Oscar slaap op vloer
Dag drie in Oscar-borgtogaansoek
Nuuskommentaar: Oscar en koerantlesers – soos hond wat padda vang
Oscar-saak: Polisieman aangekla oor ‘dronk’-skietvoorval
Oscar se oom praat
Oscar-saak: Verdediging sê polisie het toneel besmet
Oscar: Pistorius stel hul kant van die saak
Oscar: Dag 2 in hof, polisie getuig
Oscar se weergawe
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.