Botsing eis man, dronkbestuurder vas

ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem na ʼn botsing waarin een persoon dood is en drie ander beseer is op die N3 naby Germiston.

Insp. Kobeli Mokheseng, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, sê die 28-jarige man word van dronkbestuur aangekla. Die man het glo op die N3 in die rigting van Pretoria gery toe hy agter die stuurwiel aan die slaap geraak het. Sy motor het glo teen twee ander motors gebots. ʼn 33-jarige man is op die toneel dood verklaar terwyl ʼn 9-jarige seuntjie na die Union-hospitaal gehaas is vir verdere behandeling. Mokheseng sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek sowel as ʼn saak van strafbare manslag. “Die man wat in hegtenis geneem is, word in die stadium slegs van dronkbestuur aangekla. Die polisie sal na die ondersoek kan bepaal of nog aanklagte teen hom aanhangig gemaak kan word.” Die man sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.