Boucher kry noodoperasie aan oog

Mark Boucher, die Proteas se paaltjiewagter, het gisteraand in Brittanje ’n noodoperasie aan sy linkeroog ondergaan nadat hy dit gister ernstig beseer het tydens die eerste dag van die Proteas se toer.

Boucher (35) het ʼn ernstige besering opgedoen nadat ’n dwarsbalkie hom in die oog getref het. Die voorval het plaasgevind nadat die draaibouler Imran Tahir vir Gemaal Hussain skoongeboul het. Volgens dr. Mohammed Moosajee, spanbestuurder, het die dwarsbalkie Boucher se linkeroog getref en het hy ’n skeur aan die witdeel van sy oog opgedoen. “Ek glo nie hy sal gereed wees vir die eerste toets wat op 19 Julie begin nie. Dit sal afhang of hy skade opgedoen aan sy retina, wat mens toelaat om te sien en fokus.” Boucher het tydens die voorval ’n pet eerder as ’n helm gedra. Gary Kirsten, die Proteas se afrigter het op Twitter geskryf: “Spesiale gedagtes en gebede vir Boucher terwyl hy ʼn operasie aan sy oog ondergaan. Moeilike dag vir ons almal nadat ons gesien het hoe een van ons krieket krygers erg seerkry.” Graeme Smith, die Proteas se kaptein, het gesê: “By die hospitaal, Boucher het sopas ingegaan vir sy operasie. Hy waardeer al die boodskappe van beterskap en sê dankie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.